Nuus 08:00
BULLETIN 28 September 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Pro-Palestynse betogers eis strenger sanksies teen Israel
# Die VF Plus eis verbeterde sekuriteit vir Afrikaner-erfenisskatte
# En rugby: Dit is ’n oortuigende oorwinning vir die Bokke teen Argentinië
# Pro-Palestynse betogers eis dringende optrede van die Suid-Afrikaanse regering teen volksmoorde in Palestina met die instelling van die Apartheidswetsontwerp teen Israel om boikotte, disinvestering en sanksies te verseker. Gister het duisende in Kaapstad opgeruk, onder leiding van burgerlike samelewingskoalisies, om strenger sankies teen Israel te bevorder. Die leier van die Global Anti Apartheid Movement, eerwaarde Frank Chikane sê dit is ‘n deurslaggewende stap vir boikotte, disinvestering en sanksies:
# Cosatu het sy ernstige kommer uitgespreek oor die bewerings wat deur die Madlanga-kommissie ontbloot is oor politieke inmenging in die strafregstelsel. Die federasie doen ‘n beroep op almal wat betrek word om duidelikheid te gee oor hierdie baie ernstige bewerings, veral dié wat verband hou met politieke moorde. Edwin Mkhize van Cosatu sê die federasie het jare lank deurlopend gevra vir drastiese maatreëls teen politieke moorde, misdaad en korrupsie, wat arm en werkersklasgemeenskappe oorweldigend raak:
# Die Vryheidsfront Plus doen ‘n beroep op die regering om met planne vorendag te kom om die Afrikaner-erfenisskatte in die land te beskerm. Jaco Mulder van die party sê die Kruger-groepering van standbeelde op die geskiedkundige Kerkplein in Pretoria se middestad is weereens gevandaliseer. Hy sê dele van die vier Burgerwag-standbeelde, wat simbolies die Kruger-standbeeld bewaak, is afgesaag, spesifiek hul gewere en voete. Hy voeg by dat daar vermoed word dat die vandale skrootmetaaldiewe is wat die beeldhouwerke teiken weens die waarde van brons:
# Die DA in die Wes-Kaap sê die SWIMS-app vir die geïntegreerde bestuur van maatskaplike werk blyk ‘n deurbraak te wees in die manier waarop maatskaplike dienste in die provinsie bestuur word. Wendy Kaizer-Philander van die DA sê tans gebruik een-duisend-141 maatskaplike werkers van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling die SWIMS-app om hul ingrypings op te neem en te bestuur. Sy sê die SWIMS-app is ‘n goeie voorbeeld van hoe innovasie in die regering tot werklike, betekenisvolle verandering kan lei.
# Die Verenigde State sê die Colombiaanse president Gustavo Petro se visum sal ingetrek word nadat hy Vrydag die strate van New York ingevaar het in ‘n pro-Palestynse betoging en Amerikaanse soldate aangespoor het om president Donald Trump se bevele te verontagsaam. Petro het ‘n skare pro-Palestynse betogers buite die VN-hoofkwartier in Manhattan toegespreek en ‘n wêreldwye gewapende mag gevra met die prioriteit om Palestyne te bevry. Die Trump-administrasie het pro-Palestynse stemme onderdruk, terwyl lande soos Frankryk, Brittanje, Australië en Kanada ‘n Palestynse staat erken het.
# Rugby: Suid-Afrika het Argentinië gisteraand met 67-30 in hul Rugbykampioenskap-kragmeting by die Kingspark-stadion in Durban verslaan om tot bo-aan die punteleer te skuif met een ronde oor. Losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu het die rekord verbeter vir die meeste punte aangeteken deur ‘n Suid-Afrikaner in ‘n toets met 37. Hy het drie drieë gedruk, geslaag met agt doelskoppe en twee strafskoppe bygevoeg. Hy het Percy Montgomery se rekord vir die meeste punte in ‘n enkele toets geklop met sy driekuns van drieë uit die nege wat die tuisspan gedruk het. Hy is ook as Speler van die Wedstryd aangewys.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….