Nuus 07:00
BULLETIN 27 September 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die hoof van vervolging in KwaZulu-Natal sê Mchunu se besluit het ‘n krisis vir politieke ondersoeke geskep
# Netanyahu sê die erkenning van ‘n Palestynse staat beloon anti-Semiete
# En rugby: Dis ‘n oorwinning vir die Stormers en ‘n nederlaag vir die Sharks in die VRK
# Die Direkteur van Openbare Vervolgings in KwaZulu-Natal, Elaine Harrison, het die Madlanga-kommissie meegedeel dat die minister van Polisie, Senzo Mchunu, se besluit om die politieke moordtaakspan te ontbind, het ‘n krisis veroorsaak met die ondersoeke oor politieke moorde. Harrison sê die skuif het die toegewyde aanklaers ontwrig, die vordering van sake vertraag, en het die kantoor onseker gemaak oor die span se status, terwyl voortdurende sake en die belange van slagoffers in gevaar gestel is:
Harrison, sê ook die Nasionale Vervolgingsgesag kan nie die skuld dra vir vertragings in politieke moordsake wat veroorsaak is omdat 121 dossiere van die taakspan vir politieke moorde verwyder is nie. Harrison sê die dossiere wat verwyder is, het voortgesette ondersoeke ontwrig en die afsluiting van sake vertraag, al het die NVG se toegewyde aanklaers voortgegaan om aan die sake te werk:
# Die DA in Tshwane het ‘n ondersoek begin na die 23-miljoen-rand wat deur Mzansi Resorts aan die stad verskuldig is. Die oord behoort aan die ANC adjunkburgemeester, Eugene Modise. Die leier van die DA in Tshwane, Cilliers Brink, beskuldig die burgemeester, Nasiphi Moya, dat sy Modise beskerm, terwyl inwoners gebukkend gaan onder hoë rekeninge en kragonderbrekings. Brink sê die DA sal die saak aan die ouditeur-generaal voorlê vir aanspreeklikheid:
# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het Vrydag aan die VN se Algemene Vergadering gesê alle regerings moet Donald Trump se leiding volg en weier om ‘n Palestynse staat te erken. Tientalle afgevaardigdes het uitgestap toe Netanyahu met sy toespraak van ongeveer 40 minute begin het, in plaas van die toegekende 15. Netanyahu het gesê diegene wat ‘n Palestynse staat erken, beloon die ergste anti-Semiete op aarde. Hy het bygevoeg hierdie “skandelike besluit moedig terrorisme teen Jode en onskuldige mense aan”.
# En ten slotte rugbynuus:
# Springbokkaptein Siya Kolisi en hulpafrigter Mzwandile Stick beskryf hulle voorlaaste Rugbykampioenskapwedstryd teen die Pumas vanmiddag in Durban as ‘n “halfeindstryd.” Hulle sê hulle behandel die besoekers met die “respek” wat hulle verdien op die vooraand van hierdie belangrike kragmeting. Met die Wallabies, Bokke, All Blacks en Argentinië wat almal nog die kompetisie kan wen, verwag Kolisi en Stick ‘n reusestryd. Hulle beklemtoon dat hulle voluit konsentreer op hulle doelwitte vir die wedstryd. Dit is die laaste wedstryd wat die Bokke hierdie jaar in Suid-Afrika speel. Die afskop is om 5.10nm.
En dit was voet in die hoek vir die Stormers toe hulle die verdedigende kampioen Leinster gisteraand met 35-0 in hul openingswedstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap in Kaapstad geklop het. Die tuisspan het vier drieë in die proses gedruk om ‘n bonuspunt te verdien. Die rustydtelling was 6-0. Die Haaie het egter hul VRK-veldtog op ‘n lae noot geopen toe hulle met 35-19 teen die Glasgow Warriors op die Scotstoun-stadion in Skotland verloor het. Die rustydtelling was 14-12 in die guns van die tuisspan.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….