Nuus 18:00
BULLETIN 26 September 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die vervolgingshoof Harrison bevestig ‘n waarskuwing van Bheki Cele dat politieke moorde met georganiseerde misdaad verbind word
# AZAPO vra gemeenskappe, ouers en progressiewe organisasies om te verenig ter verdediging van kinders
# EU-lande begin gesprekke oor voorstelle vir die bou van anti-hommeltuig-verdediging
# ‘n Skrywe in 2019 van die voormalige minster van Polisie, Bheki Cele, het diepe kommer onthul oor die hantering van politieke moordondersoeke in KwaZulu-Natal. Die skrywe is by die Madlanga-kommissie in Pretoria voorgelê deur die KwaZulu-Natalse vervolgingshoof, Elaine Harrison. Daar word gewaarsku dat getuies in gevaar was van omkopery of sluipmoorde, wat vervolgings bemoeilik en die regstelsel se stryd teen politieke geweld ondermyn het:
# AZAPO sê dit is onaanvaarbaar dat kinders, ná 31 jaar van demokrasie, steeds wreedaardig aangerand word in instellings wat plekke van hoop moet wees. AZAPO se woordvoerder, Jabu Rakwena, sê dit volg ná skokkende berigte oor die seksuele misbruik van leerders by St John’s College in Mthatha en by JS Skenjana High School in Idutywa, Oos-Kaap. Hy sê AZAPO doen ‘n beroep op gemeenskappe, ouers en progressiewe organisasies om te verenig ter verdediging van kinders:
# EU-lande het begin met gesprekke rondom voorstelle om ‘n “muur” van anti-hommeltuig-verdediging te bou, nadat luginvalle vanuit Rusland Navo-lidlande in Oos-Europa ontsenu het. Daar was die afgelope dae verskerpte fokus op die bedreiging vir Europa se lugruim met lughawens in Denemarke wat moes sluit oor ongeïdentifiseerde hommeltuie. Die president van die EU, Ursula von der Leyen, was die eerste om te vra vir ‘n “hommeltuigmuur” tydens ‘n toespraak vroeër vandeesmaand, ure nadat NAVO Russiese hommeltuie in Pole afgeskiet het. Sy sê dit moet ‘n gesamentlike poging wees wat ontplooi kan word en onmiddellik kan reageer.
# Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu het aan die VN se Algemene Vergadering gesê sy land het die grootste deel van die gewapende Palestynse groep Hamas se “terreurmasjien verpletter” en probeer om die werk “so vinnig as moontlik” af te handel. Netanyahu vier, wat hy ‘n reeks strategiese oorwinnings in die afgelope jaar noem. Dit sluit sy aanval op Iran se kernprogram en die sluipmoord op Hezbollah-leier Hassan Nasrallah in Libanon in. Netanyahu het aan Israelse gyselaars gesê hy sal nie rus totdat almal tuis is nie. Hy het ook gesê Hamas moet sy wapens neerlê.
# Krieket: Pakistan sal Sondag vir die eerste keer teen Indië in die eindronde van die T20 Asië-beker speel, nadat die boulers, ten spyte van swak kolfwerk, Bangladesh gister met 11 lopies oorwin het in hulle Super Vier-wedstryd. Die Bangladesh-snelbouler, Taskin Ahmed, het drie paaltjies vir slegs 28 lopies ingepalm terwyl Pakistan ‘n slordige vertoning op ‘n moeilike kolfblad gelewer het en in hul toegelate 20 boulbeurte slegs 135 vir die verlies van agt kon aangeteken. Pakistan se snelboulers, Shaheen Shah Afridi en Haris Rauf het Bangladesh tot 124 lopies beperk en hulle plek in Sondag se eindronde verseker.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-38-sent teen die dollar, 20-rand-34-sent teen die euro en 23-rand-29-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 109-duisend-426-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-771-dollar-95-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 69-dollar-40-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….