Eko-minuut 13:30
BULLETIN 26 September 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die tema vir vandag se Wêreldomgewinggesondheidsdag is Skoon Lug, Gesonde Mense. Vandag word samewerking tussen publiek en privaat ondernemings aangemoedig om met volhoubare praktyke vorendag te kom, besoedeling te bekamp en by klimaatverandering aan te pas om openbare gesondheid te bevorder. Sowat 99-persent van mense wêreldwyd asem lug in wat die WGO se veiligheidsreëls oorskry en hulle aan gevaarlike vlakke van besoedeling blootstel. Die Internasionale Federasie van Omgewingsgesondheid sê omgewingsvriendelike praktyke en beleidsrigtings kan die uitwerking van lugbesoedeling versag en mense se gesondheid en welstand verbeter.
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê sy departement is deur die Uitgebreide Openbare Werke Program daartoe verbind om meer as 77-duisend voltydse werksgeleenthede te skep. Hiervan sal 65-persent aan vroue gaan, 55-persent aan die jeug en twee-persent aan gestremdes. Die woordvoerder van die departement, Thobile Zulu-Molobi, sê projekte soos die Jeug Omgewingsdienste, Jeug Werk in Afval en Omgewingsmonitors bied opleiding en stuur mense in die rigting van die bewaring van biodiversiteit, landboukultuur, afvalbestuur en herwinbare energie:
# En ten slotte: Sightseeing Cape Town het sy eerste kommersiële, ten volle elektriese bote by die V&A Waterfront bekendgestel in aanloop tot môre se Wêreldtoerismedag. Die ekovriendelike vaart het plek vir 32 passasiers. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê die gebruik van produkte soos elektriese bote verseker dat die plaaslike bedryf ‘n kleiner koolstofvoetspoor het en help die Moederstad om haar uitsonderlike natuur te beskerm:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….