Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 16 Januarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die regering van Mauritius het sy sikloonwaarskuwing tot die maksimum vlak verhoog namate die Tropiese Storm Belal kragtige wind en swaar reën na die eilandnasie bring. Eerste minister, Pravind Kumar Jugnauth het ‘n bevel uitgereik om binnenshuis te bly. Verskeie vlugte wat vir vandag geskeduleer was, insluitende na Frankryk en Suid-Afrika, is gekanselleer. Die Meteorologiese Diens berig die storm beweeg ooswaarts weg van die eiland af. Belal het wydverspreide kragonderbrekings veroorsaak met verskeie voertuie onder water of gestrand weens swaar reën. Sikloon Belal het reeds by die nabygeleë Réunion aangekom en minstens een persoon is dood.
# Die Department van Minerale Bronne en Energie en die kantoor van Onafhanklike Kragprodusente gaan môre en Donderdag drie virtuele konferensies vir belangstellende bieërs aanbied. Dit volg op die uitreiking van drie nuwe versoeke vir voorstelle vir die openbare verkryging van sewe-duisend-615 megawatt krag uit wind, sonkrag-fotovoltaïese tegnologie, gas en battery-tegnologie wat ontvang is. Die departement sal na verwagting voornemende bieërs van bykomende inligting voorsien oor die benadering ten opsigte van die voortslepende kragtekort in die land.
# En ten slotte: Die Stad Kaapstad is verheug om aan te kondig sy vullisbewustheidsprogram vir die stad se strande is suksesvol voltooi. Die stad het verlede maand ʼn bewusmaking- en opvoedingsprogram op strande aangebied. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê die program se tema was Die See is ons Tuiste, en was daarop gemik om veral by die jonger geslag ʼn sin van verantwoordelikheid en waardering vir oseane te vestig:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….