Eko-minuut 13:30
BULLETIN 25 September 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die vakbond SAFTU sê president Donald Trump van Amerika se onlangse opmerkings oor klimaatsverandering is roekeloos en kom neer op ‘n gevaarlike vorm van klimaatsontkenning en imperialistiese arrogansie. Trump het vroeër die week in ʼn skerp aanval op die Verenigde Nasies gesê klimaatsverandering is die grootste skelmstreek wat nog ooit op die wêreld afgedwing is. Saftu se hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi, sê terwyl Trump met hernubare energie spot, beleef werkers en arm gemeenskappe ongekende klimaatsrampe:
# Die DA in die Vrystaat sê die Fezile Dabi-distriksmunisipaliteit moet geloof word vir sy stortingsterrein-oudit om sukkelende plaaslike munisipaliteite by te staan. Die oudit lig talle ernstige tekortkominge in plaaslike munisipaliteite uit. Dit sluit in geen toegangsbeheer of heinings nie, onvoldoende bedryfsplanne, vullis-verbranding en ondoeltreffende bestuur. Mbali Mnaba van die DA sê plaaslike munisipaliteite se stortingsterreine sukkel reeds jare lank met nakoming wat omgewingsgevare veroorsaak:
# En ten slotte: Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke, die Trust vir Bedreigde Natuurlewe, veldwagters en privaat vennote het ‘n leeumannetjie gevang en van die Letaba Ranch na die Krugerwildtuin hervestig. Die leeu het vroeër vandeesmaand vee naby Giyani en Phalaborwa doodgemaak. Limpopo se LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewing en Toerisme, Tshitereke Matibe, het die span geprys en gemeenskappe aangespoor om parkgrense te respekteer vir veiligheid en bewaring. Owerhede berei ook voor om nog twee leeus wat naby die Mtimkulu-natuurreservaat swerf, te hervestig.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….