Nuus 12:00
BULLETIN 25 September 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa is optimisties dat Suid-Afrika ‘n voordelige handelsooreenkoms met Amerika sal bereik
# Die ANC Vroueliga sê die DA se benoeming van Helen Zille as burgemeester van Johannesburg is agterbaks
# En, Italië en Spanje stuur vlootskepe om die globale Sumud flottielje te beskerm
# President Cyril Ramaphosa sê hy is optimisties dat Suid-Afrika ‘n voordelige handelsooreenkoms met Amerika sal bereik. President Donald Trump het verlede maand ʼn tarief van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere ingestel nadat Pretoria versuim het om voor die sperdatum op 1 Augustus ʼn ooreenkoms met Amerika te bereik. Die regering het sedertdien ʼn voorstel vir ʼn handelsooreenkoms ingedien. Ramaphosa het in New York by die Suid-Afrika/Amerika-handels- en beleggingsdialoog gesê onderhandelinge met Amerika vorder goed:
# Die ANC Vroueliga het die DA se aankondiging van Helen Zille as burgemeesterskandidaat vir Johannesburg voor volgende jaar se plaaslike regeringverkiesings kritiseer as agterbaks en skynheilig. Zille, wat die voorsitter is van die party se federale raad, het beloof om die metro te red met haar ondervinding as burgemeester van die Stad Kaapstad en premier van die Wes-Kaap. Die woordvoerder van die ANC Vroueliga, Boitumelo Moiloa, sê Zille het ‘n omstrede verlede en is bekend vir uitsluitende bestuur:
# Spanje en Italië het vlootskepe ontplooi om die globale Sumud-flottielje te begelei na hommeltuigaanvalle op hulpvaartuie op pad na Gaza. Aktiviste sê hommeltuie het plofstof afgegooi en kommunikasieversteuring veroorsaak in ‘n poging om Israel se seeblokkade te verbreek. Mandla Mandela, die kleinseun van Nelson Mandela, is onder die teenwoordiges. Die Spaanse eerste minister, Pedro Sanchez, het beklemtoon dat internasionale wette respekteer moet word om die burgers van 45 nasies te beskerm. Italië het ook ‘n fregat gestuur en beskou die eskalasie as gevaarlik.
# Motorsport: Marc Marquez kan hierdie naweek in Japan ná ʼn seisoen waarin hy oorheers het, sy 7de MotoGP-wêreldkampioenskap wen en daarmee die motorfietslegende, Valentino Rossi, se rekord verbeter. Die Spaanse Ducati-renjaer het ʼn enorme 512 punte en kort net drie punte meer as sy broer Alex Marquez om die titel te wen met vyf naweke oor van die seisoen van 22 wedrenne. Die 32-jarige Marquez was vanjaar onkeerbaar en sy puntetotaal is reeds ʼn seisoen-rekord vir ʼn MotoGP-jaer.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-31-sent teen die dollar, 20-rand-33-sent teen die euro en 23-rand-29-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 111-duisend-927-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-753-dollar-60-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 67-dollar-96-sent per vat.
# En, laastens, die One Club for Creativity het die name van 13 jong skeppendes bekend gemaak vir die Next Creative Leaders 2025, ‘n gratis wêreldwye kompetisie wat erkenning gee aan opkomende skeppende vroue en nie-binêres in die advertensiebedryf. Vier Suid-Afrikaners is op die kortlys. Die ander is van Kenia, Libanon, Jordanië en die Verenigde Arabiese Emirate. Hulle is beoordeel op tussen vier en ses stukke kreatiewe werk en inligting oor hoe hulle en hul werk die advertensiebedryf bevoordeel en watter bydrae dit in verskeidenheid, mentorskap en voorspraak maak.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….