Nuus 15:00
BULLETIN 23 September 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Fannie Masemola sê Senzo Mchunu beweer Cyril Ramaphosa het die ontbinding van die taakspan oor politieke moorde goedgekeur
# Due Gautengse LUR vir Gesondheid sê planne word gemaak om patologie-uitslae te bespoedig
# En, die Strafhof kla die gewese Filippynse president Rodrigo Duterte aan van misdade teen die mensdom
# Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê die minister van Polisie, Senzo Mchunu het aan hom gesê President Cyril Ramaphosa het die ontbinding van die taakspan oor politieke moorde goedgekeur. Masemola het voor die Madlanga-kommissie in Pretoria gesê hy was verstom oor dié opmerking. Hy sê Mchunu was woedend toe die eenheid sy werksaamhede voortgesit het, en hy het die minister se optrede kommerwekkend gevind:
# Die Gautengse LUR vir Gesondheid en Welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko, sê haar departement stel daadwerklik ondersoek in na die moontlikheid om sy eie laboratorium te stig om die verwerking van patologie-uitslae te bespoedig. Nkomo-Ralehoko het vertragings met die verwerking van patologie-uitslae vandag in die provinsiale wetgewer aangespreek. Sy sê hierdie projek het ten doel om interne kapasiteit te verbeter, afhanklikheid van Nasionale Gesondheidslaboratoriumdienste te verminder en te verseker kankerpasiënte ontvang tydige en doeltreffende sorg:
# Die Internasionale Strafhof het die gewese Filippynse president Rodrigo Duterte van drie klagte van misdade teen die mensdom aangekla. Die 80-jarige Duterte word daarvan beskuldig dat hy tussen 2013 en 2018 onregstreeks aanspreeklik was vir die moorde op meer as 76 mense tydens sy sogenaamde dwelmoorlog. Hy is sedert Maart in Nederland in aanhouding. ‘n Woordvoerder van die Strafhof, Fadi El Abdallah, het bewerings verwerp dat die hof met die land se huidige president, Ferdinand Marcos, saamwerk in die saak teen Duterte:
# Rugby: Die hulpafrigter van Nieu-Seeland, Jason Holland, sê die span se doelwit om die Bledisloebeker teen Australië te behou het hulle gehelp om die pyn van die rekordnederlaag teen die Springbokke af te skud. Die All Blacks hou die trofee reeds sedert 2003 en kan dit vir ‘n 23ste agtereenvolgende jaar in die vertoonkas toesluit indien hulle Saterdag ‘n oorwinning oor die Wallabies behaals in die Rugbykampioenskapwedstryd op Eden Park. Australië loop voor in die kompetisie met 11 punte, een punt voor die tweede geplaasde Suid-Afrika, met Nieu-Seeland derde. Twee wedstryde moet nog gespeel word.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-29-sent teen die dollar, 20-rand-40-sent teen die euro en 23-rand-36-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 112-duisend-939-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-785-dollar-46-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-59-sent per vat.
# En laastens, ‘n nuwe uitstalling met die titel Marie Antoinette Style het by die V&A South Kensington in Londen geopen, wat Brittanje se eerste uitstalling oor die Franse koningin Marie Antoinette is. Die uitstalling bevat 250 voorwerpe, insluitend seldsame persoonlike items wat aan Antoinette behoort het, soos ‘n paar sypantoffels, juwele uit haar privaatversameling en die laaste briefie wat sy ooit voor haar dood geskryf het. Die kurator van Marie Antoinette Style, Sarah Grant, sê Antoinette het ‘n diepgaande impak op Europese smaak en mode gehad en ‘n kenmerkende styl geskep met universele aantrekkingskrag en toepassings.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….