Eko-minuut 13:30
BULLETIN 23 September 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# President Cyril Ramaphosa sê die natuur ken geen politieke grense nie en Suid-Afrika is vir die huidige en toekomstige geslagte verbind tot natuurbewaring. Hy het gister die Africa Keystone-vennootskap vir beskermde gebiede se nagereg- en sjampanje-onthaal vir staatshoofde bygewoon wat by die 80ste Algemene Vergadering van die VN in New York gehou is. Ramaphosa sê die 162 bestaande beskermde gebiede in Afrika het die potensiaal om saam ‘n reusebydrae tot bewaring van biodiversiteit te lewer:
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, beklemtoon Suid-Afrika se afval- en hernubare-energiehervorming omskep omgewingsbeleid in ‘n bron van werksgeleenthede en beleggings. Die departement het in 2024/2025 altesaam 324 van 326 omgewingsimpakstudies binne die wetlike tydsraamwerk verwerk wat ‘n doeltreffendheid van 99-persent is. Die departement se woordvoerder, Thobile Zulu-Molobi, sê energieprojekte, wat gemik is op die hantering van die nasionale krisis, is gemiddeld binne 57 dae afgehandel:
# Die DA in Noordwes doen ‘n beroep vir dringende optrede en sê riglyne oor olifantbestuur by die Madikwe-wildreservaat word blatant deur provinsiale owerhede verontagsaam. Dit volg na die Noordwes-parke- en toerismeraad en die provinsiale regering na bewering ses ononderhandelbare riglyne van die Parlement se portefeuljekomitee oor Bosbou, Visserye en Omgewing geïgnoreer het. Andrew de Blocq van die DA sê die speaker van die Nasionale Vergadering, Thandi Modise, moet ingryp:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….