Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 23 September 2025:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig oor die getuienis van die nasionale poilisiekommissaris voor die Madlanga-kommissie. Die koerant skryf generaal Fannie Masemola het sy baas, polisieminister Senzo Mchunu, daarvan beskuldig dat hy hom maande lank onder druk geplaas het om die KwaZulu-Natal politieke moordtaakspan te ontbind. Hy sê oproepe so hoog soos president Cyril Ramaphosa oor die saak, kon die situasie nie afweer nie.
# En die Netwerk24-webblad:
Berig eerstens Ramaphosa het by die Verenigde Nasies gesê Suid-Afrika bly verbind tot ‘n tweestaat-oplossing vir Israel en Palestina. Hy sê so ‘n oplossing sal afhang van volle en universele respek vir internasionale reg.
Dan skryf die webblad oor die gospelsanger Danie Botha se kontroversiële voorspelling dat die wegraping reeds begin het. Hy het onder meer gesê die Amerikaanse aktivis, Charlie Kirk is so weggeraap.
En laastens word berig Jimmy Kimmel wat tydelik geskors is ná dreigemente deur die Amerikaanse regering oor sy Kirk-uitlatings, se geselsprogram keer vandag terug.
GAUTENG:
# The Star:
Skryf ook oor die Madlanga-kommissie. Die koerant berig dit het duidelik na vore gekom uit Masemola se getuienins dat Mchunu sy mag misbruik het.
# Sowetan:
Berig oor Helen Zille van die DA se meesterplan om Johannesburg te red. Die koerant skryf Zille sê sy sal fokus op die buitensporige salarisse van die bestuur, en die waterkwessie is ‘n sleutel tot oorlewing.
# En The Citizen:
Skryf dit lyk nie of die ANC ‘n kandidaat het om in Johannesburg teen Zille te stel nie.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig soos Business Day oor Masemola se getuienis voor die Madlanga-kommissie oor Mchunu.
En tweedens skryf die koerant oor die 24-jarige Mari-Alena Potgieter van Stellenbosch wat verkies het om huis toe te kom nadat sy met ‘n uiters aggressiewe kanker, Burkitt se limfoon, gediagnoseer is.
OOS-KAAP:
# Daily Despatch in Oos-Londen:
Berig daar is tans net een polisiehelikopter beskikbaar wat die hele Oos-Kaap moet bedien.
En skryf leerders by nog drie skole het na vore gekom met bewerings van seksuele aanranding.
KWAZULU-NATAL:
# The Witness in Pietermaritzburg:
Skryf al die vingers word opnuut by die Madlanga-kommissie na Mchunu gewys vir die omstrede besluite wat geneem is oor die moordtaakspan.
En tweedens word berig die Mountain Rise-begraafplaas word skoongemaak.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig die Hooggeregshof in Windhoek het die reeksverkragter Gavin Gawanab vir 57 jaar tronk toe gestuur vir sy grumisdade in 2018. Hy het selfs ‘n meisie van nege jaar verkrag en aangerand.
Dan skryf die koerant die toerismebedryf is ongelukkig oor bykomende administratiewe tariewe vir reisigers wat aansoek doen vir visums.
En laastens word berig die Stad Windhoek se skuld is nou 972-miljoen-rand.