Nuus 14:00
BULLETIN 22 September 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Masemola deel kommissie mee hy sal onregmatige ministeriële bevele teenstaan
# Die Franse mediareus Canal+ neem beheer oor van SA se MultiChoice
# En, Cathay Pacific sal na verwagting 500 vlugte kanselleer weens Supertifoon Ragasa
# Die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola het aan die Madlanga-kommissie van ondersoek in Pretoria gesê die minister van Polisie het geen gesag om in te meng by die Suid-Afrikaanse Polisiediens se operasionele of bestuursbesluite nie. Sy getuienis volg nadat die minister van Polisie, Senzo Mchunu, op spesiale verlof geplaas is te midde van voortdurende ondersoeke na politieke inmenging en die ontbinding van die politieke moord-taakspan. Masemola het aan die ondersoek gesê hy sal nie inmeng by opdragte wat inbreuk maak op operasionele beheer nie:
# Die Franse mediareus, Canal Plus (uitspraak: Canal Ploes) sê hy het effektief beheer oorgeneem van die Suid-Afrikaanse televisie- en stroomdiensmaatskappy, MultiChoice, wat ‘n groep skep wat in amper 70 lande in Afrika, Europa en Asië verteenwoordig word. Die maatskappye het in ‘n gesamentlike verklaring gesê die gekombineerde groep het ‘n werksmag van 17-duisend werknemers en bedien meer as 40-mijoen intekenaars. Canal Plus, wat reeds die sektor se leier in Frans-sprekende Afrika-lande is, beheer nou, wat dit beskryf as die leier in die vasteland se Engels- en Portugeessprekende streke.
# Die Hongkongse lugredery, Cathay Pacific, sê hy verwag om meer as 500 vlugte te kanselleer wanneer die Supertifoon Ragasa na verwagting die Chinese finansiële spilpunt tref. Passasiersvlugte wat by en vanaf Hongkong Internasionale Lughawe aankom, sal môre gehok word en vlugte weer teen Donderdag hervat word. Ragasa kruis die seestraat van Luzon tussen suidelike Taiwan en die noordelike Filippyne, en sal na verwagting Dinsdag Hongkong en suidelike China tref.
# Krieket: Suid-Afrika begin die verdediging van hulle Wêreld-toetskampioenskaptitel met ‘n reeks van twee toetse teen Pakistan vanaf 12 tot 24 Oktober in Lahore en Rawalpindi. Kaptein Temba Bavuma speel nie weens ‘n kuitspierbesering en Aiden Markram is as kaptein aangewys. Draaibouler Simon Harmer is vir die eerste keer herroep sedert Maart 2023. David Miller is die kaptein van die T20-groep, terwyl Matthew Breetzke die eendagspan sal lei. Donovan Ferreira is in beheer van die T20-span teen Namibië op 11 Oktober in Windhoek.
Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-26-sent teen die dollar, 20-rand-35-sent teen die euro en 23-rand-32-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 112-duisend-662-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-725-dollar-38-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 65-dollar-81-sent per vat.
# En laastens, die Oftalmologiese Vereniging van Suid-Afrika sê hoë gevalle van tipe 2-diabetes wat lei tot katarakrisiko’s kom voor onder mense in hul 30’s en 40’s. Mpopi Lenake van die vereniging sê studies toon dat leefstylkeuses soos vetsug, rook, langtermyn blootstelling aan UV-strale sonder beskermende sonbrille en diabetes die risiko’s verhoog. Tydens Oogversorgingsbewustheidsmaand doen sy ‘n beroep op leefstylveranderinge, insluitend ‘n gesonde leefstyl en gereelde oogondersoeke om katarakte te voorkom:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….