Nuus 08:00
BULLETIN 21 September 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Helen Zille sê die bestuur van Johannesburg vereis ‘n terugkeer na ‘n basiese benadering
# Ted Cruz kritiseer die ‘mafioso’-dreigemente oor Jimmy Kimmel se skorsing
# En rugby: Whitehead se skopskoen wen die Curriebeker vir die Griekwas
# Die Johannesburgse DA-burgemeesterskandidaat, Helen Zille, sê die bestuur van Johannesburg is ‘n groot verantwoordelikheid wat ‘n terugkeer na ‘n basiese benadering vereis. Sy het in Soweto die stad se veerkragtigheid en potensiaal beklemtoon en gesê die DA bied vryheid onder die oppergesag van die reg, wat mense in staat stel om te floreer. Zille het belowe om na inwoners te luister, dienslewering aan te spreek, korrupsie te bekamp en die stad te verenig om Johannesburg as die kloppende goue hart van Afrika te herstel:
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het gister die verbintenis tot regshervorming met ‘n navorsings- en voorspraakbeampte van Judges Matter, Mbekezeli Benjamin, in ‘n webinaar bespreek. Die gesprek het ook kwessies rondom die institusionele onafhanklikheid en bestuur van die regbank ingesluit. Die webinaar was gemik om dialoog te bevorder oor die beskerming van demokratiese beginsels en die versterking van regstelsels.
# Amerikaanse senator Ted Cruz het weggebreek van mede-Amerikaanse konserwatiewes en die skorsing van die geselsprogram-aanbieder Jimmy Kimmel veroordeel as “mafioso”-gedrag. ABC wat deur Disney besit word is wyd gekritiseer nadat hy Jimmy Kimmel verwyder het, na kommentaar oor die beweerde gewapende man wat aangekla word van die moord op die regsgesinde aktivis Charlie Kirk. Die stap is gedoen na dreigemente deur die voorsitter van die Federale Kommunikasiekommissie, Brendan Carr. Die opmerkings deur Cruz, ‘n voormalige grondwetlike prokureur, is ‘n seldsame voorbeeld van ‘n prominente lid van die president se party wat die optrede van die administrasie in die openbaar kritiseer.
# Rugby: Die gesoute losskakel George Whitehead het sy naam in die Curriebeker-geskiedenisboeke verseker toe hy die wenpunte vir die Griekwas aangeteken het om die Leeus met 27-25 te verslaan in nog ‘n dramatiese eindstryd gistermiddag op Ellispark. Die gashere het ‘n geringe voorsprong van 17-14 met rustyd gehad en met ‘n minuut oor was hulle 25-24 voor. Toe die spel hervat het die Griekwas egter die bal in die hande gekry en oomblikke later, ten spyte daarvan dat hulle balbesit verloor het, het die skeidsregter, Christopher Allison ‘n TMO-hersiening van ‘n vorige voorval aangevra. Dit het die doelbewuste afklap van die bal deur ‘n Leeu-verdediger getoon. Whitehead het met die daaropvogende strafskop geslaag om die Leeus se harte vir ‘n tweede keer in twee seisoene te breek.
Kelly Mpeku, Richard Kriel en Henco van Wyk het elk ‘n drie vir die Leeus gedruk, met Chris Smith en Lubabalo Dobela wat die res van die punte met die skoen bygevoeg het. Die Griekwas se drie drieë het gekom van Cameron Hufke, Lourens Oosthuizen en Mnombo Zwelendaba, met die held van die dag, George Whitehead, wat drie doelskoppe en twee strafdoele bygevoeg het. Hierdie oorwinning het Griekwas hul eerste Curriebeker-triomf sedert 1970 besorg, in die wêreld se oudste binnelandse rugbykompetisie.
# En ten slotte: Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika sal van Maandag tot Sondag volgende week, ter viering van Erfenis- en Toerismemaand, ‘n spesiale People’s Train van Kaapstad na Vishoek bedryf, met pendelverbindings na Kaappunt. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke-vennootskap ondersteun gratis toegang tot nasionale parke. Khumbuza Majiza van PRASA sê die trein bied voorkeursitplekke, digitale skerms en veiligheidselemente. Passasiers moet geldige ID’s toon. Sy sê die diens beklemtoon die rol van funksionele vervoer in die bevordering van toegang tot toerisme:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….