Nuus 07:00
BULLETIN 20 September 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Nhlanhla Mkhwanazi beweer die ondersoek teen Dumisani Khumalo is belemmer
# Volkswagen herroep 374 Amorak-voertuie
# En krieket: Die Protea-vroue beklink die eendagreeks teen Pakistan
# Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi sê senior regbank- en intelligensiebeamptes het ondersoeke belemmer na die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, wat op aanklagte van bedrog en korrupsie teregstaan. Hy beweer borgtogvoorwaardes en -opdragte het Khumalo en medebeskuldigde beamptes verhoed om toegang tot misdaadintelligensiekantore te verkry, wat voortgesette ondersoeke ontwrig het. Mkhwanazi beweer sekere amptenare, insluitend ‘n beampte van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie en landdroste, het saamgesweer om die saak te vertraag:
Mkhwanazi, het intussen ook gesê hy het nie geledere verbreek toe hy op 6 Julie ‘n media-inligtingsessie gehou het nie. Mkhwanazi sê in reaksie op beskuldigings dat hy protokol omseil het, hy het die publiek op hoogte gehou van die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde. Hy verduidelik hy en sy kollegas het militêre uniforms gedra as ‘n teken van mag en ‘n waarskuwing teen misdadige netwerke wat misdaadintelligensie, die Parlement en die uitvoerende gesag infiltreer:
# Die Nasionale Verbruikerskommissie het eienaars in kennisgestel dat Volkswagen Suid-Afrika 374 Amorakvoertuie herroep het wat tussen 10 Januarie en 12 Junie vanjaar vrygestel is. Die voertuie word herroep as gevolg van ‘n moontlike verlies van rembystand wat moontlik veroorsaak word deur die elektromeganiese remservo-beheereenheid. Volgens Volkswagen bly die remstelsel funksioneel maar benodig groter druk op die pedaal met verlengde remafstand as gevolg. Voertuie wat hierdeur geraak word moet na ‘n goedgekeurde Volkswagerhandelaar geneem word vir ondersoek, sonder enige koste vir die verbruiker.
# Die familie van ‘n Britse egpaar wat byna agt maande deur die Taliban aangehou is, sê hulle is oorweldig van dankbaarheid en vreugde oor hul vrylating. Die 80-jarige Peter Reynolds en sy 76-jarige vrou Barbie, wat byna twee dekades in Afghanistan gewoon het, is op 1 Februarie op pad huis toe voorgekeer. Die egpaar is Vrydagoggend danksy bemiddeling vanaf Katar vrygelaat. Die Taliban sê hulle het Afghaanse wette oortree en is na geregtelike verrigtinge vrygelaat, maar het nooit die rede vir hul aanhouding bekend gemaak nie.
# En laastens sportnuus:
# Krieket: Die Protea-vroue het ‘n reusetotaal van 292 vir drie aangeteken en gister die tweede eendagwedstryd teen Pakistan in Lahore met 26 lopies gewen. Tazmin Brits het oorheers met ‘n manjifieke 171 nie uit nie openingsvennootskap van 260 met kaptein Laura Wolvaardt. Reën het spel na 41 boulbeurte onderbreek met die Proteas op 238 sonder verlies en die wedstryd is verminder tot 46 boulbeurte met Brits op 133 en Wolvaardt op 93. Pakistan is vir 287 in 44 boulbeure en vier balle uitgeboul om die reeks van drie wedstryde met 2-0 te beklink. Die laaste wedstryd vind môre plaas.
# En motorsport: Lewis Hamilton het die beste gevaar in gister se tweede oefensessie vir hierdie naweek se Azerbeidjan Grand Prix, voor sy Ferrari-spanmaat Charles Leclerc en voormalige kollega George Russell van Mercedes. Met die McLaren-kampioenskapvoorloper Oscar Piastri en sy naaste mededinger Lando Norris wat ‘n moeilike middag beleef het, is dit duidelik waarom die sewemalige kampioen Donderdag optimisties was. Hamilton het die sessie afgesluit met ‘n beste ronde van 1-minuut-41,293 sekondes. Indien hy môre ‘n rekordverbeterende 106ste oorwinning behaal, sal hy ook die eerste F1-renjaer word wat vyfduisend punte aanteken.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….