Nuus 16:00
BULLETIN 19 September 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Cachalia skuif sleutelpersoneel te midde van kommissie-sittings
# Die Gautengse LUR vir Vervoer veroordeel moord op taxivereniging se voorsitter in Soweto
# En, die ‘Pastry Princess’ se pa is teleurgesteld oor 15-jaar vonnis
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het die sekondering van generaal-majoor Susan Pienaar as Stafhoof en Sefura Matlala as persoonlike assistent in sy kantoor aangekondig. Pienaar kom van die SAPD Sigbare Polisiëring en Operasies terwyl Matlala van die Spesiale Ondersoekeenheid aansluit. ‘n Woordvoerder, Kamogelo Mogotsi sê die skuiwe volg na die Madlanga-regterlike kommissie van ondersoek, wat die huidige Stafhoof benoem het, om kontinuïteit en stabiliteit te verseker:
# Gauteng se LUR vir Paaie en Vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, veroordeel die moord op die Nasionale Taxivereniging se voorsitter, Thamsanqa Moyo. Hy is gister op die Soweto-hoofweg doodgeskiet in ‘n vermeende sluipmoord wat met die voortslepende taxigeweld verband hou. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die LUR se woordvoerder, Lesiba Mpya, sê die sinnelose daad van geweld laat ʼn pynlike merk op sy familie, kollegas en die groter vervoersektor:
# Die ActionSA LP, Kgosi Letlape, pa van Thembekile Letlape, sê geen geregtigheid het geskied met die 15-jaar tronkstraf wat Sibusiso Zitha opgelê is vir die moord op sy dogter nie. Zitha het erken hy het haar verskeie kere in hul huis in Fourways met ‘n mes gesteek. Letlape voeg by die vonnis is nie die maksimum waarvoor hy gehoop het nie en die saak dien as ‘n strak herinnering aan die uitdagings wat vroue in die gesig staar om geregtigheid te bekom:
# Israel het die enigste toegangspoort tussen die Israel-besette Wesoewer en Jordanië tot verdere kennisgewing gesluit. Dit volg na ‘n vragmotorbestuurder wat humanitêre hulp van Jordanië vir Gaza vervoer het, Donderdag losgebrand het en twee Israelse militêre lede doodgeskiet het. Die Allenby-brug is ‘n kernroete tussen Jordanië en Israel en die enigste deurgang vir meer as drie-mijoen Palestyne in die Wesoewer om na Jordanië en die wêreld te beweeg. Die twee kruisings tussen Israel en Jordanië is ook geraak, met die Jordaanrivier-kruising wat gesluit is en die Rabin-kruising wat slegs vir werkers oopgestel is.
# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Carlos Alcaraz van Spanje, is Span Europa se groot trekpleister op die jaarlikse Laverbekertoernooi wat hierdie naweek in San Francisco plaasvind. Die ander spanlede is Alexander Zverev van Duitsland, Holger Rune van Denemarke, Casper Ruud van Swede, die Tsjeggiese speler Jakub Mensik en die Italianer Flavio Cobolli. Die Fransman Yannick Noah is die nie-spelende kaptein. Die Amerikaner Andre Agassi is kaptein van Span Wêreld, bestaande uit die Amerikaners Taylor Fritz, Frances Tiafoe, Reilly Opelka en Alex Michelsen, die Argentyn Francisco Cerundolo en die Brasiliaan Joao Fonseca.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-39-sent teen die dollar, 20-rand-42-sent teen die euro en 23-rand-44-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 116-duisend-281-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-648-dollar-32-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-63-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….