Nuus 15:00
BULLETIN 19 September 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Mkhwanazi beweer Mogotsi se kennis van minister Senzo Mchunu se bewegings bewys noue bande
# Die DA vra dat alle grensbeskermingspligte oorgegee word aan die Grensbestuursowerheid
# En, die VN waarsku dat klimaatsverandering veroorsaak chaos met die wêreld-watersiklus
# Die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, het aan die Madlanga-kommissie gesê die sakeman Brown Mogotsi se kennis oor die minister van Polisie, Senzo Mchunu se bewegings, wys dat hulle noue bande het. Mkhwanazi sê Mogotsi het geweet wanneer Mchunu belangrike vergaderings bygewoon het, insluitende vergaderings by die presidensie. Hy voeg by dat hierdie vlak van kennis kan slegs kom van iemand met toegang tot die binnekringe, wat die vermoede versterk dat Mogotsi aan senior staatsamptere verbind was:
# Die DA vra dat alle grensbeskermingspligte oorgegee word aan die Grensbestuursowerheid, en dat daar voldoende befondsing verskaf word sodat alle gevestigde sindikate uitgeknikker kan word. Die DA-lid, Chris Hattingh, sê dit volg ná die inhegtenisneming van vyf Weermag-lede en twee Zimbabwiërs vir die beweerde smokkel van onwettige sigarette uit Zimbabwe na Suid-Afrika:
# Klimaatsverandering veroorsaak toenemend wêreldwye wisselvallige en uiterste veranderings tussen vloede en droogtes, met ‘n stortvloed van uitwerkings op samelewings. Die VN se Wêreld Meteorologiese Organisasie het in ‘n verslag gesê die wêreld se watersiklus word al hoe meer onvoorspelbaar, met gletsers wat krimp, droogtes, ongebalanseerde rivierkomme en ernstige vloede wat verwoesting saai. Die agentskap se jaarverslag oor die stand van globale waterbronne toon baie duidelik hoe die watersiklus toenemend wisselvallig word, met ‘n uitwerking op infrastruktuur, landbou, energie, gesondheid en ekonomiese bedrywighede.
# Motorsport: Lewis Hamilton bly optimisties dat hy nog vanjaar sy eerste podiumplek vir Ferrari kan behaal. Die sewemalige wêreldkampioen het voor die naweek se Azerbeidjan Grand Prix beklemtoon dat ‘n oorwinning onwaarskynlik is, maar dat ‘n plek onder die eerste drie in die laaste agt wedrenne realisties is. Hamilton het nog nooit vantevore ‘n seisoen sonder ‘n podiumplek voltooi nie. Hy word toenemend gekritiseer oor sy swakker vertonings, ondermeer ‘n waarskuwing deur die voormalige F1-baas Bernie Ecclestone om eerder uit te tree voor hy vergeet word.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-35-sent teen die dollar, 20-rand-40-sent teen die euro en 23-rand-42-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 116-duisend-443-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-650-dollar-83-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-87-sent per vat.
# En laastens die Universiteit van Suid-Afrika bied vandag die sesde veeltalige Spelling Bee-kompetisie in Pretoria aan. Die unieke kompetisie daag leerders van Grade 8-tot-11 uit om woorde in verskillende tale te spel om die ryk taal-tapisserie van die land te wys. Dit bestaan uit vier rondes wat ontwerp is om die deelnemers se taalvaardigheid elke keer verder uit te daag. Die wenner vanjaar sal vyf-duisend-rand en ‘n skootrekenaar wen, met die naaswenner wat drie-duisend-500-rand en ‘n tablet sal ontvang en die derdepryswenner sal met twee-duisend-500-rand en ‘n tablet sal wegstap.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….