Eko-minuut 13:30
BULLETIN 18 September 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Eskom het ‘n samewerkingsooreenkoms met BYD Auto Suid-Afrika onderteken met die oog op skoner beweeglikheid. Dit volg op die bekendstelling van die BYD Dolphin Surf, ‘n kompakte, bekostigbare volledig elektriese voertuig. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê hulle sal saam met BYD Suid-Afrika se poging ondersteun om koolstof uit vervoer te verwyder en die land te posisioneer as ‘n middelpunt vir die aanvaarding van elektriese voertuie. Sy sê verdere onderhandelings kan ook sentrums tot stand bring waar motors super-vinnig gelaai kan word met herlaaibare batterye-sentrums, asook die herwinning en hergebruik van gebruikte elektriese batterye vir energieberging:
# Terwyl Suid-Afrika nasionale herwinningsweek vier, het Polyco aangekondig dat sy “packa-ching”-programme 37-miljoen-rand aan gemeenskappe uitbetaal het en verhoed het dat 31-mijoen kilogram afval op stortingsterreine beland. Die plastiekherwinningsorganisasie se veldtog gebruik 47 mobiele terugkoopsentrums om herwinningsinfrastruktuur en kontantlose belonings na onderbediende areas te bring, vir werkverskaffing en ekonomiese geleenthede. Chantal Philander van Polyco sê 458-duisend-ton plastiekafval is sedert 2022 herwin:
# En Kaapstad se Stedelike Afval-bestuursdirektoraat verskerp sy pogings om gemeenskappe skoon te hou. Hy doen dit deur afval-verordeninge by sakeondernemings af te dwing en bewustheid onder inwoners te skep. Die direktoraat se afdwingingseenheid het onlangs inspeksies uitgevoer by plaaslike ondernemings om seker te maak hulle kom die Geïntegreerde Afvalbestuursplan na. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê hulle verlig druk op stortingsterreine, beperk onwettige storting en moedig herwinning en vermindering van vullis aan:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….