Nuus 12:00
BULLETIN 17 September 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# BOSA sê Ramaphosa moet hom verbind tot die instelling van die Madlanga-kommissie se aanbevelings
# Die ondersoekkommissie na WVK-sake vra bewyse by belangrike individue, ondersoek- en vervolgingsagentskappe
# En die Nasionale Paroolhersieningsberaad is ‘n keerpunt vir die strafregstelsel
# Build One South Africa vra president Cyril Ramaphosa om hom in die openbaar te verbind tot die hantering van die bevindings en aanbevelings van die Madlanga-kommissie van ondersoek asof dit wetlik bindend is. Die kommissie begin vandag met sy ondersoek na bewerings van politieke inmenging binne die polisie, wat die KwaZulu-Natalse kommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, gemaak het. Die kommissie se bevindings sal nie wetlik bindend wees nie. BOSA sê burgers is moeg van herhaalde ondersoeke wat nie tot werklike optrede of hervorming lei nie.
Die ondersoekkommissie na sake van die Waarheids- en Versoeningskommissie het intussen briewe gestuur aan huidige en oud-presidente, ministers van Polisie en Justisie, en nasionale en provinsiale direkteure van Openbare Vervolgings. Hy soek bewysmateriaal soos dokumente en klank-opnames wat verband hou met WVK-sake wat deur die Amnestiekomitee verwys is. Ramaphosa het in Mei die aanstelling van die kommissie aangekondig om die redes agter die vertraagde vervolging van misdade uit die apartheidsera te ondersoek.
# Die Departement van Korrektiewe Dienste sê die komende Nasionale Paroolhersieningsberaad sal ‘n keerpunt vir Suid-Afrika se strafregstelsel wees. Baie burgers glo die land se paroolstelsel leun te veel oor na oortreders en die behoeftes en stemme van slagoffers word dikwels oor die hoof sien. Die departement se woordvoerder, Singabakho Nxumalo, sê parool is ten diepste ‘n toets of rehabilitasie suksesvol was en of herintegrasie by die samelewing veilig en volhoubaar bereik kan word:
# Die Vereniging vir Staatsamptenare stem saam met die minister van die Staatsdiens en Administrasie, Mzamo Buthelezi, dat Suid-Afrika se staatsamptenare onderbetaal, oorwerk en afgestomp is. Die land het ongeveer 1,7-miljoen staatsamptenare. Claude Naicker van die vakbond sê die onlangse salarisverhoging van 5,5-persent vir staatsamptenare, hoewel dit bo inflasie is, vergoed nie voldoende vir jare se onveranderde salarisse, stygende lewenskoste en toenemende werk-las nie:
# Krieket: Afganistan se uitgeweke vrouespelers sal tydens die eendag-Wêreldbekertoernooi in Indië toer, waar hulle teen plaaslike spanne sal speel. Die meeste van die spelers het na Australië gevlug toe die Taliban-regime in 2021 teruggekeer en vroue en mesies verbied het om aan sport deel te neem, onderwys te ontvang en te werk. Die span sal ook uitgenooi word om van die Wêreldbekerwedstryde by te woon. Afgaanse vroue het in Januarie in Melbourne gespeel in ‘n geskiedkundige vertoonwedstryd teen ‘n elftal van “Krieket-sonder-grense”.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-39-sent teen die dollar, 20-rand-60 teen die euro en 23-rand-72-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 117-duisend-en-7-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-664-dollar-38-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 67-dollar-82-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….