Eko-minuut 13:30
BULLETIN 16 September 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Gemeenskappe aan die Wildekus pak Shell, Impact Africa en die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie vandag in die Konstitusionele Hof. Die saak handel oor die seismiese gas-opnames aan die Wildekus en regte om olie te ontgin wat in 2014 aan Shell en Impact Africa toegestaan is. Die hof moet bepaal of die Appèlhof se besluit om ‘n beslissing wat Shell se regte ongeldig verklaar, kan stand hou. Green Connection se woordvoerder, Neville van Rooy, sê seismiese opnames het groot omgewingsgevolge:
# ‘n Mylpaal-ooreenkoms van die Wêreldhandelsorganisasie het in werking getree wat miljarde-rand se skadelike visvang-subsidies verbied. Die ooreenkoms, wat deur Brasilië, Kenia, Tonga en Viëtnam goedgerkeur is, verbied subsidies vir oorbeviste voorrade en visvang in internasionale waters. Regerings bestee tans jaarliks 614-mijard-rand aan sulke subsidies, hoofsaaklik deur China, die Europese Unie, Amerika, Suid-Korea en Japan. Armer lande sal toegang tot ‘n ondesteuningsfonds kry. Aktiviste sê die verandering bevoordeel plaaslike vissers en mariene-ekostselsels met die ooreenkoms wat globale visvoorraad herstel.
# En ten slotte: Vandag is Internasionale Dag vir die Bewaring van die Osoonlaag. Die doel is om bewustheid te kweek oor die osoonlaag se agteruitgang en oplossings te vind om dit te bewaar. Vanjaar se tema is: Van wetenskap tot wêreldwye optrede. Die dag herdenk die datum in 1987 toe die Montreal-protokol onderteken is, wat handel oor stowwe wat die osoonlaag vernietig. Dit reguleer die vervaardiging en gebruik van byna 100 mensgemaakte chemikalieë. Die Verenigde Nasies sê die klimaat baat by die protokol, wat die uitfasering van kweekhuisgasse insluit.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….