Nuus 13:00
BULLETIN 16 September 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Forum sê die Christengemeenskap is nie verward deur die hofbeslissing dat mans hulle vrouens se vanne kan aanneem nie
# Die IRR sê die Wetsontwerp op Staatsdienskommissie is ongrondwetlik
# En die DBV eis optrede om renperde te beskerm
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum sê die Christelike gemeenskap is nie verward deur die Konstitusionele Hof se uitspraak wat toelaat dat mans wettig hul vrouens se vanne kan aanneem nie. Die hof het bevestig dat afdelings van die Wet op Geboortes en Sterftes ongrondwetlik is, wat in effek ‘n laer hof se uitspraak handhaaf. Die forum se president, Marothi Mashashane, sê al wat die uitspraak gedoen het, was om te verklaar dat daar geen verpligting op egpare is om vanne te verander nie:
Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê intussen die Wetsontwerp op die Staatsdienskommissie is strydig met die Grondwet en kan nie bekragtig word nie. Die wetsontwerp is in die Nasionale Vergadering aanvaar en brei die kommissie se magte uit na plaaslike regerings en openbare instellings. Dit magtig ook regeringspogings om die Staatsdiens meer professioneel te maak. Michael Morris van die instituut sê die ANC se vasbeslotenheid om dit te aanvaar, bevestig hy wil steeds die Nasionale Demokratiese Revolusie nastreef:
# Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings vra dringende optrede om renperde te beskerm. Kommer bestaan oor die gebruik van tongbande en perde wat te jonk is om aan wedrenne deel te neem. ‘n DBV-woordvoerder, Bryce Marock, sê dierewelsyn moet voorkeur kry bo kommersiële belange. Hy vra strenger wetstoepassing, strafregtelike vervolging waar nodig, ʼn verbod op skadelike instrumente en dat geen perde aan wedrenne deelneem voor hulle gebeente volledig ontwikkel het nie. Marock sê dit sal betekenisvolle hervorming in Suid-Afrikaanse perdewedrenne beteken.
# Krieket: Die voormalige kaptein, Kane Williamson, is beskikbaar om vir Nieu-Seeland te speel in die T20-Wêreldbekertoernooi wat in Februarie in Indië en Sri Lanka begin. Die talentvolle kolwer het ‘n informele kontrak onderteken saam met ander ervare spelers soos Devon Conway en Lockie Ferguson. Die 35-jarige Williamson het twee-duisend-575 lopies in 93 T20s vir Nieu-Seeland aangeteken sedert sy buiging in Oktober 2011 teen Zimbabwe. Die informele kontrak laat spelers toe om in winsgewende internasionale T20-ligas te speel mits hulle hul land in sekere reekse en toernooie verteenwoordig.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-35-sent teen die dollar, 20-rand-49 teen die euro en 23-rand-67-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 115-duisend-753-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-697-dollar-32-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-81-sent per vat.
# En laastens: Die 77ste Emmy-toekennings, wat Sondagaand gehou is, het die meeste kykers sedert 2021 gelok. CBS se uitsending het 7,4-miljoen kykers gelok, ‘n toename van agt persent van die 6,9-miljoen kykers van verlede jaar se seremonie op ABC. Die toekenningsgeleentheid het 1,6 miljoen vermeldings op sosiale media ontvang en was vir sewe uur lank die nommer een in Amerika. Vanjaar se seremoniemeester was Nate Bargatze en Adolescence, The Studio en The Pitt het die hoogste eerbewyse ontvang.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….