Nuus 08:00
BULLETIN 16 September 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Moody’s sê die land se hoë leenkoste ontmoedig beleggings en belemmer groei
# Netanyahu sluit nie verdere aanvalle op Hamas-leiers uit nie
# En rugby: Die Franse flank Berhoumieu word vir 12 wedstryde geskors nadat sy haar Ierse teenstander byt
# Die graderingsagentskap Moody’s sê Suid-Afrika is in ‘n negatiewe siklus waar hoë leningskoste belegging ontmoedig, groei belemmer en skuldkoste verder verhoog. Die agentskap plaas die land se buitelandse en plaaslike langtermynskuld op Ba2 met ʼn bestendige vooruitsig. Moody’s sê hoewel beleid wat fiskale en ekonomiese kwessies betref verbeter, sal dit weens probleme om dit in te stel, tyd neem om resultate te toon. Hy sê die probleme hou verband met die ingewikkeldheid van strukturele hervorming, verskanste privaat belange en die moeilike politieke landskap onder die koalisieregering.
# Die minister van Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê Suid-Afrika moet nie bekommerd wees oor die begroting van 148-miljoen-rand vir die Madlanga-kommissie nie. Kubayi het tydens ‘n onderhoud met eNCA, Suid-Afrikaners verseker kostebesparende maatreëls is ingestel, insluitend die gebruik van regeringsgeboue. Kubayi het die belangrikheid beklemtoon om kommissarisse te ondersteun, gegewe die sensitiewe werk wat voorlê met kartelle en verklikkers. Sy voeg by die beskerming van getuies en ondersoekers is van kardinale belang:
# President Cyril Ramaphosa het ʼn proklamasie onderteken wat die Spesiale Ondersoekeenheid se ondersoek na die Oorlog teen Lekplekke-program uitbrei om die Drop the Block-projek in te sluit. Die ondersoek was aanvanklik beperk tot die Departement van Water en Sanitasie en Sedibeng Water, maar sal nou ook Lepelle Northern Water insluit. Die ondersoek handel oor bewerings van ernstige wanadministrasie in die departement, insluitend verhoogde koste, onregmatige aanstelling van diensverskaffers en onreëlmatige besteding. Die Oorlog teen Lekplekke-program is in 2015 bekendgestel.
# Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu weier om nog aanvalle op Hamas-leiers uit te sluit en sê terroriste sal nêrens gevrywaar wees nie. Israel het verlede week Hamas-leiers in Katar, ʼn Amerikaanse bondgenoot, aangeval en vyf mense doodgemaak. Vyf was lede van die militante groep en een ʼn weermaglid van Katar. Netanyahu het gister tydens ʼn perskonferensie in Jerusalem met Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, gesê elke land het die reg om homself buite sy landsgrense te beskerm:
# Rugby: Die Franse flank Axelle Berthoumieu is vir 12 wedstryde geskors na sy ‘n Ierse opponent Aiofe Wafer tydens Sondag se Vroue Wêreldbeker- kwarteindstryd in Exeter, Engeland gebyt het. Die 25-jarige het erken sy het ‘n rooikaart-oortreding begaan maar gaan teen die lengte van die verbod appelleer. Die skorsing beteken Berthoumieu is vir die res van die Wêreldbeker, insluitend Saterdag se halfeindstryd teen Engeland uit, en vir tien wedstryde tot Maart 2026. Haar appèl word vandag aangehoor.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-34-sent teen die dollar, 20-rand-43-sent teen die euro en 23-rand-62-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 115-duisend-218-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-681-dollar-20-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 67-dollar-29-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….