Eko-minuut 13:30
BULLETIN 15 September 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die direkteur van die Globale Omgewingsregsentrum, Angela van der Berg, sê ‘n mylpaal-uitspraak deur die Internasionale Geregshof kan Suid-Afrikaanse gemeenskappe se regsgeding teen Shell se beplande aflandige boorplanne versterk. Van der Berg het in haar artikel in The Maritime Executive benadruk die uitspraak verplig state om fossielbrandstowwe uit te faseer, klimaatskade te voorkom en menseregte te beskerm. Aktivistegroepe gebruik dit reeds om te appelleer teen Shell se Noord-Kaapse projek, en voer aan dit ondermyn klimaatsverpligtinge en voortbestaan in Suid-Afrika.
# Die Ebb-and-Flow-ruskamp in die Wildernis-gedeelte van die Tuinroete Nasionale Park is aangewys as die beste naweekwegbreek op die Best of George Readers’ Choice-toekennings in die Wes-Kaap. Die toekenning, wat deur openbare benoeming en stemming beslis word, erken uitstekende plaaaslike ondernemings. Die kamp, bekend vir sy bospaadjies, panoramiese uitsigte en uiteenlopende verblyfkeuses, is verlede jaar aangewys as beste presterende kamp op SANParke se Koedoe-toekennings.
# En Australië se minister van Klimaatsverandering en Energie, Chris Bowen, sê die regering moet ‘n streng teiken stel vir vrystellingvermindering teen 2035. Hy het die langverwagte Nasionale Klimaatrisiko-beoordeling vrygestel wat Australië se eerste omvattende uiteensetting gee van die gevolge wat die klimaat inhou. Die verslag beklemtoon die verhoogde gevaar van hitte-verwante sterftes en stygende seevlakke in digbevolkte kusgemeenskappe. Bowen sê na ʼn dekade van ontkenning en vertragings, tree die regering op teen klimaatsverandering:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….