Nuus 09:00
BULLETIN 13 September 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# AfriForum soek duidelikheid oor die ooreenkoms om rybewyse te druk
# Twee voormalige veldwagters is gevonnis vir renosterstropery
# En Rusland sê vredesgesprekke met Oekraïne is op die ys
# AfriForum versoek dat die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, besonderhede moet voorsien oor ‘n memorandum van verstandhouding wat in Julie tussen Die Departement van Vervoer en die Staatsdrukker gesluit is om rybewyskaarte te druk. Louis Boshoff van AfriForum sê hulle versoek bevestiging van die ooreenkoms, sy inhoud, en of die Staatsdrukker die nodige toerusting het. Hy waarsku dat onredelike vertragings met lisensiehernuwings burgerlike nie-nakoming kan aanvuur, met verwysing na vorige kwessies soos die e-tolstelsel:
# Die DA sê swart ekonomiese bemagtiging het die meeste Suid-Afrikaners benadeel terwyl ‘n klein elite-groep wat aan die ANC-verbind is hulself verryk het. Die party kritiseer adjunkpresident Paul Mashatile dat hy SEB verdedig aangesien dit beleggins keer, ongelykheid vererger, en hardwerkende entrepreneurs van geleenthede ontneem. Baxolile Nodada van die DA sê die party wil ‘n ‘n nuwe stelsel bekendstel wat arm en hardwerkende mense sal help, met die fokus op armoede, poste, onderwys en gesondheid, en nie politieke bande nie.
# Die Skukuza-streekhof in Mpumalanga het twee voormalige veldwagters tot 14 jaar regstreekse gevangenisstraf gevonnis vir renosterstroop-verwante oortredings. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Monica Nyuswa, sê in Mei 2018 is Freedom Mabilane en Tshifiwa Ramunashi ontplooi om die Houtboschrand-gedeelte van die Krugerwildtuin te patrolleer toe toeriste skote gehoor het. Sy sê hulle het valslik beweer dat hulle op ‘n olifant geskiet het wat hulle aangeval het, maar ‘n renosterkarkas is ontdek:
# Johannesburg Water sê die Berea-waterstelsel ervaar steeds kritiek lae watervlakke as gevolg van die vraag wat die beskikbare voorraad deurgaans oorskry. ‘n Woordvoerder van Johannesburg Water, Pheladi Ramatshila, sê as deel van ‘n korttermyn-oplossing word die Berea-reservoir se uitlaat daagliks gesluit om die vlak te verhoog. Sy sê Johannesburg Water het die 50-persent-protokol ingestel soos wat by die Alexanderpark-reservoir van toepassing is:
# Rusland sê daar is ‘n ‘stilstand’ in vredesgesprekke met Oekraïne nadat die Amerikaanse president Donald Trump weer gewaarsku het sy geduld met sy Russiese eweknie, Vladimir Putin, raak vinnig op. Trump se pogings om die drie-en-‘n-half jaar lange konflik tot ‘n einde te bring, het die afgelope weke gewankel, met Rusland wat aanhou met sy hardkoppige eise en weiering om sy grond- en lugaanvalle te staak. Die nuwe dooiepunt volg terwyl Rusland se weermag groot militêre oefeninge met sy belangrikste bondgenoot, Belarus, op die NAVO-grens gehou het.
# En laastens, ‘n bietjie rugbynuus: In ‘n opwindende kragmeting tussen Australië en Argentinië in Sydney het die besoekers daarin geslaag om ‘n laaste-minuut-aanslag deur die Wallabies te troef om die wedstryd met 28-26 te wen. Los Pumas het teen rustyd met 12 punte voorgeloop. As die Springbokke Nieu-Seeland in Wellington in die komende ure klop, sal al vier spanne twee oorwinnings en twee nederlae oor vier rondes hê.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….