Nuus 09:00
BULLETIN 10 September 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF stel die Wysigingswetsontwerp op Verkiesings in die Parlement bekend
# Die Withuis sê Trump het Katar gewaarsku oor Israel se aanval in Doha
# En krieket: Die Dolphins is die gasheer vir die eerste kragmeting in die plaaslike T10-kompetisie
# Die EFF het die Wysigingswetsontwerp op Verkiesings as ‘n privaatlid-wetsontwerp by die Parlement ingedien en gesê dit het tyd geword om die sistematiese uitsluiting van miljoene burgers van die demokratiese proses te beëindig. Die privaatlid-wetsontwerp poog om die Kieswet van 1998 te wysig om voorsiening te maak vir die outomatiese registrasie van alle Suid-Afrikaanse burgers op die nasionale kieserslys na die bereiking van die ouderdom van 16. Thembi Msane van die EFF sê meer as 13,5 miljoen stemgeregtigde burgers is steeds van die kieserslys uitgesluit:
# Die Parlement se Staande Komitee oor Toedelings doen ‘n beroep op dringende stappe en politieke wil om voldoende befondsing vir die Grensbestuursowerheid te verseker. Volgens die Departement van Binnelandse Sake maak die BMA se goedgekeurde organisatoriese struktuur voorsiening vir 11-duisend-115 personeellede. Slegs twee-duisend-566 poste is egter gevul. Tans is die BMA onderbefonds met meer as 2,2-miljard- rand. Die voorsitter van die komitee, Mmusi Maimane, sê aanspreek van die befondsingstekort is noodsaaklik, nie net vir nasionale veiligheid nie, maar ook om Suid-Afrika teen onwettige handel en belastingontduiking te beskerm.
# SECTION27 wat Cancer Alliance verteenwoordig, het teleurstelling uitgespreek met die Gautengse Gesondheidsdepartement se appèl teen die onlangse uitspraak oor bestraling-kankerbehandeling. Die Gautengse Hooggeregshof het in Augustus bevind die departement se versuim om bestralingsdienste aan kankerpasiënte te lewer, is ongrondwetlik en het opdrag gegee dat die agterstand hanteer word. Salome Meyer van Cancer Alliance sê die appèl is net nog ‘n poging van die departement om behandeling uit te stel, ten spyte van die 784-miljoen-rand wat ontvang is om die agterstand uit te wis:
# Die Withuis-perssekretaris, Karoline Leavitt, sê die Amerikaanse weermag het president Donald Trump in kennis gestel van Israel se aanval op Hamas in Doha, en hy het opdrag gegee dat Katar voor die aanval gewaarsku word. Israel het gister ‘n ongekende aanval teen Hamas-leierskap in Katar uitgevoer, wat ‘n sleutelbemiddelaar in die wapenstilstandgesprekke in Gaza was. Vyf Hamas-lede is in die aanval dood. Leavitt sê Trump het die Katar-regering verseker dat so iets nie weer op hul grondgebied sal gebeur nie:
# Krieket: Die Dolphins bied die naweek die eerste toernooi van die nuwe plaaslike T10-beker aan. Hulle sal met die Lions, die Titans en Westelike Provinsie meeding. Die Lions en WP pak mekaar Vrydag, terwyl die gasheer en die Titans sal kragte meet. Saterdag gaan al die spanne elk twee wedstryde speel om te bepaal wie deurdring na Sondag se eindstryd en uitspeelstryd om derde plek. Die uitvoerende hoof van KwaZulu-Natal Krieket, Heinrich Strydom, sê dis die perfekte manier om voor te berei vir die nuwe seisoen.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-50-sent teen die dollar, 20-rand-50-sent teen die euro en 23-rand-69-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 111-duisend-620-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-640-dollar-57-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 66-dollar-80-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….