Nuus 08:00
BULLETIN 10 September 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die regering sê die jongste BBP-syfers toon die veerkragtigheid van die land se ekonomie
# Die DA eis ‘n professionele, nie-kader ambassadeur in Amerika
# En tennis: Die Kanada-Israel Davisbeker-wedstryd sal in ‘n geslote lokaal gespeel word weens veiligheidsredes
# Die Parlement se Staande Komitee oor Toedelings doen ‘n beroep op dringende stappe en politieke wil om voldoende befondsing vir die Grensbestuursowerheid te verseker. Volgens die Departement van Binnelandse Sake maak die BMA se goedgekeurde organisatoriese struktuur voorsiening vir 11-duisend-115 personeellede. Slegs twee-duisend-566 poste is egter gevul. Tans is die BMA onderbefonds met meer as 2,2-miljard- rand. Die voorsitter van die komitee, Mmusi Maimane, sê aanspreek van die befondsingstekort is noodsaaklik, nie net vir nasionale veiligheid nie, maar ook om Suid-Afrika teen onwettige handel en belastingontduiking te beskerm.
# Die DA sê president Cyril Ramaphosa se versuim om te bevestig dat Suid-Afrika se benoemde ambassadeur in Amerika nie ‘n ANC-kader sal wees nie, wek kommer. Ramaphosa het gister op vrae in die Parlement gesê hy finaliseer ʼn nuwe ambassadeur se aanstelling en belowe dis ʼn ervare, wêreldwyse diplomaat met ʼn deeglike kennis van Amerikaanse politiek en markte. Ryan Smith van die DA sê Suid-Afrika moet die diplomatieke aanstelling benader met die erns wat dit vereis:
# Die Portefeuljekomitee van die Gauteng Wetgewer oor Gemeenskapveiligheid is bekommerd nadat vyf misdaadvoorkomingsbewaarders Sondag in ‘n geweldadige aanval in Daveyton beseer is. Gewapende aanvallers, na bewering met hoëkaliber wapens waaronder ‘n AK-47, het op die bewaarders geskiet terwyl hulle op ‘n roetine patrollie was. Die voorsitter van die komitee, Bandile Masuku het die dringende behoefte vir beter opleiding, toerusting en ondersteuning vir bewaarders beklemtoon:
# Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu sê sy land het heeltemal onafhanklik opgetree in sy aanvalle op Katar. Die Israelse weermag het gister die Hamas-leierskap in Doha aangeval. Hamas sê vyf lede is in die aanval dood, maar die onderhandelingspan is ongedeerd. Katar is ʼn belangrike bemiddelaar in onderhandelings oor ʼn skietstilstand, en behou regstreekse kontak met Amerika, Israel en Hamas. Netanyahu sê terreurleiers is nie meer onaantasbaar nie:
# Tennis: Die Davisbeker-wedstryd tussen Kanada en Israel sal die naweek in Halifax weens veiligheidsredes in ʼn geslote ruimte sonder toeskouers gespeel word. Dit volg nadat meer as 400 Kanadese atlete en akademici Tennis Kanada in ʼn brief aangeraai het om die geleentheid af te stel weens Israel se optrede in Gaza en die Wesoewer. Tennis Kanada sê volgens intelligensie van plaaslike owerhede en nasionale sekuriteitsagentskappe is daar ʼn groot risiko dat die geleentheid ontwrig kan word. Die wenner sal deurdring na die 2026 Davisbeker-kwalifiseerwedstryde.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-50-sent teen die dollar, 20-rand-51-sent teen die euro en 23-rand-XX-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 111-duisend-547-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-634-dollar-39-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 66-dollar-73-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….