Nuus 17:00
BULLETIN 8 September 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Nzimande beklemtoon die belangrikheid van digitale soewereiniteit en samewerking
# Gauteng se Departement Menslike Nedersettings ken meer as vyf-miljard-rand toe vir behuisingontwikkeling
# En rugby: Die Curriebeker-halfeindstryde vind komende naweek plaas
# Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, Blade Nzimande, sê tegnologie het ‘n verrykende uitwerking, vanaf die internet tot slimfone, elektriese voertuie en kunsmatige intelligensie. Hy het op die GovTech 2025 in Durban gesê dat vernuwings soos Wi-Fi en GPS ontstaan het uit sterrekunde, en die belangrikheid van digitale soewereiniteit en samwewerking beklemtoon. Nzimande het die potensiaal van kunsmatige intelligensie geprys om wêreldwyd uitdagings op te los en gevra dat Suid-Afrika voorkeur moet gee aan digitale vaardighede, soewereiniteit en vernuwing:
# Die Departement van Menslike Nedersettings in Gauteng het erken dat die behuisingsagterstand steeds ‘n dringende probleem is, met meer as 750-duisend goedgekeurde begunstigdes wat steeds vir toewysigings wag. ‘n Woordvoerder van die departement, Tahir Sema, sê meer as sewe-duisend-200 wooneenhede is in die laaste finansiële jaar toegeken. Hy sê vyf-miljard-rand is in die huidige boekjaar vir behuisingontwikkeling toegeken:
Nuus uit die buiteland:
# Die Internasionale Strafhof het ‘n verhoor oor misdade teen die mensdom teen die voormalige Filippynse president, Rodrigo Duterte, tot verdere kennisgewing uitgestel terwyl regters sy geskiktheid vir verhoor evalueer. Duterte sou op 23 September voor die hof verskyn om die aanklagte aan te hoor oor sy jarelange veldtog teen dwelmgebruikers en -handelaars wat volgens menseregtegroepe duisende doodgemaak het. Die hof het egter die verhoor uitgestel totdat hy kan beslis oor die verdediging se betoog dat die 80-jarige nie bevoeg is om verhoor te word nie.
# Rugby: Die uitspeelrondes van die Curriebeker begin hierdie naweek nadat die laaste groepswedstryde die afgelope naweek voltooi is. Die Leeus is bo-aan die punteleer, gevolg deur Griekwas, die Cheetahs en Boland Kavaliers, terwyl die Pumas, die Bulle, die verdedigende kampioen, die Haaie, en Westelik Provinsie se veldtogte verby is. Saterdag speel die Leeus teen Boland in Johannesburg in die eerste halfeindronde met die tweede wat in Kimberley tussen Griekwas en die Cheetahs plaasvind. Die eindstryd word volgende naweek gespeel.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-52-sent teen die dollar, 20-rand-59-sent teen die euro en 23-rand-74-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 112-duisend-248-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-624-dollar-95-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-34-sent per vat.
# En ten slotte: South African Church Defenders is bekommerd oor die voorsitter van die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalkundige Gemeenskappe, Thoko Mkhwanazi-Xaluva, se opmerking dat mense wat beweer hulle hoor God se stem, vir sielkundige sorg verwys moet word. Godsdiensgroepe veroordeel haar opmerking as ‘n gevaarlike ontkenning van die geestelike werklikheid. Mkhwanazi-Xaluva het haar standpunt verdedig en sê dis noodsaaklik om godsdienstige praktyke te reguleer om die misbruik daarvan te voorkom.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….