Nuus 12:00
BULLETIN 8 September 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa sê die stryd teen korrupsie is ingewikkeld en veelvlakkig
# ATM vra ‘n nasionale pandemie moet afgekondig word oor tiener-swangerskappe
# En rugby: Groot veranderings aan die Springbokspan vir die toets in Wellington
# President Cyril Ramaphosa sê die stryd teen korrupsie is ingewikkeld, veelvlakkig en volgehoue, en vereis die aftakeling van stelsels van patronaatskap wat oor baie jare gevestig is. Ramaphosa het meer as ‘n week gelede die finale verslag van die Nasionale Teenkorrupsie-adviesraad ontvang. Daarin word onder meer aanbeveel dat ‘n permanente, onafhanklike, oorkoepelende teen-korrupsieliggaam gestig word. Hy sê in sy weeklikse nuusbrief die regering moet, luidens die verslag instellings hervorm om oplossings te vind vir tekortkominge in gebruike en stelsels wat dit moontlik maak dat korrupsie floreer.
Ramaphosa gaan vanmiddag aan ‘n virtuele BRICS-leiersberaad deelneem. Die geleentheid is onder leiding van Brasilië se president, Luiz Inácio Lula da Silva. Die Presidensie sê dit bied ‘n platform vir leiers om wêreldsake te bespreek, veral met die klem op die huidige ekonomiese omgewing en die toestand van multi-laterale stelsels. Die beraad volg op die vergadering wat in Julie in Rio de Janeiro plaasgevind het. Vandag se vergadering sal fokus op BRICS se rol om dialoog te bevorder en op samewerking en volhoubare globale bestuur.
# Cosatu sê hy verwerp AfriForum en ander regse organisasies se poging om Nedlac se vergaderings oor die Wysigingswetsontwerp op Vuurwapenbeheer te keer. Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Wapeneienaarsvereniging, AfriForum en Safe Citizen gewaarsku het oor ‘n interne Business Unity SA-kennisgewing wat berig Nedlac stel ʼn taakspan saam oor die wetsontwerp. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê die wetsontwerp is nodig vir strenger vuurwapenregulasies:
# ATM vra die regering om die tiener-swangerskapkrisis amptelik tot ‘n nasionale pandemie te verklaar, met onmiddellike toewysing van hulpbronne en aandag. Die party sê meer as twee-duisend-716 meisies tussen tien en 14 jaar oud het in net een jaar geboorte geskenk, en meer as 100 van hierdie gevalle is van April tot Julie vanjaar in die Oos-Kaap alleen aangemeld. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê dit is ‘n nasionale krisis wat onmiddellike en omvattende optrede vereis:
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus het groot veranderings aan die span aangebring wat Saterdag in hul tweede Rugbykampioenskaps-wedstryd in Wellington teen Nieu-Seeland speel ná die nederlaag in Auckland. Dit sluit in ‘n nuwe skakelpaar – Cobus Reinach en Sacha Feinberg-Mngomezulu – ‘n nuwe senterpaar – Damian Willemse en Canan Moodie – ‘n nuwe vleuel, Ethan Hooker, en ‘n nuwe heelagter, Aphelele Fassi. Siya Kolisi is weer kaptein en terug op flank. Eben Etzebeth, Handré Pollard, Damian de Allende, Willie le Roux, Jesse Kriel en Marco van Staden is uitgelaat.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-52-sent teen die dollar, 20-rand-56-sent teen die euro en 23-rand-68-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 111-duisend-246-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-613-dollar-63-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-31-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….