Nuus 11:00
BULLETIN 7 September 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# COSATU dring daarop aan dat die regering sy samesprekings oor die Amerikaanse tariefverhogings verskerp
# Die Departement van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie behaal sy vyfde agtereenvolgende skoon oudit
# En drie mense is dood op die N4-tolpad naby Mbombela
# Cosatu sê die regering moet samewerking met die VSA oor die 30-persent-tariefverhogings wat op Suid-Afrikaanse uitvoere ingestel is, dringend verskerp. Die federasie sê onderhandelinge moet laer tariewe en ‘n wedersyds voordelige nuwe handelsooreenkoms verseker. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê die tariewe sal verreikende gevolge hê vir uitvoerders en vir die breër sukkelende Suid-Afrikaanse ekonomie:
# Die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika het ‘n ongekwalifiseerde skoon ouditmening uitgereik oor die finansiële state van die Departement van Wetenskap, Tegnologie en Innovering vir die 2024/25 boekjaar. Die ministerie se woordvoerder, Veli Mbele, sê dit is die departement se 5de agtereenvolgende skoon oudituitkoms. Hy sê die oudit dien as bevestiging dat die departement se finansiële prestasie en kontantvloei vir die jaar in ooreenstemming is met die Gewysigde Kontantstandaard en die Wet op Openbare Finansiële Bestuur:
# Drie mense is dood toe ‘n Volkswagen Polo gisteraand teen die agterkant van die ligte afleweringsvoertuig op die N4-tolpad tussen die Karino en Valecia-wisselaar in Mbombela, Mpumalanga, gebots het. Die woordvoerder van die provinsiale Departement van Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling, Moeti Mmusi, sê die sedan het ná die botsing langs die pad omgeslaan. Hy sê twee mense in die sedan het ernstige beserings opgedoen:
# Air Canada-vlugkelners het gister oorweldigend teen die lugredery se jongste loonaanbod gestem. Hul vakbond sê die stemming sal na verwagting geen uitwerking op vlugbedrywighede hê nie. Die voorlopige ooreenkoms, wat ‘n staking by die lugredery verlede maand beëindig het, sluit in ‘n salarisverhoging van 12-persent vanjaar vir die meeste junior vlugkelners en ‘n verhoging van agt-persent vir meer senior lede. Die Kanadese Vakbond van Openbare Werknemers het in ‘n verklaring gesê dat 99,1-persent van die lede die voorstel verwerp het en aangevoer het dat vlugkelners steeds minder as die federale minimumloon sal verdien.
# En ons sluit af met sportnuus:
# Sokker: Suid-Afrika het Lesotho met 3-0 op die Vrystaatstadion op wedstryddag 7 van die 2026 Wêreldbeker-kwalifiseerders getroef. Die oorwinning plaas Bafana Bafana in ‘n beter posisie om die eerste plek in Groep C van die 2026 Wêreldbeker-kwalifiseerders te behaal. Hugo Broos se manne het nou 13 punte op die bord en is vasbeslote om hul momentum te behou en nader aan kwalifikasie te beweeg. Met die oorwinning behou Suid-Afrika die boonste plek in Groep C met 16 punte. Lesotho is steeds vyfde met slegs een oorwinning van sewe wedstryde.
# En tennis: Wêreld-nommer-een Aryna Sabalenka van Belarus het Amanda Anisimova gister oorrompel, om haar Amerikaanse Ope-kroon te verdedig en haar Amerikaanse mededinger in skoon stelle verslaan om die vierde Grand Slam-titel van haar loopbaan te beklink. Sabalenka het Anisimova se wankelrige afslaanspel genadeloos aangeval om ‘n oorwinning in twee stelle op die Arthur Ashe-stadion te behaal, wat haar status aan die toppunt van vrouetennis bevestig. In die manskompetisie verwag die heersende kampioen Jannik Sinner vandag nog ‘n kroon teen Carlos Alcaraz nadat die Italianer Vrydag sy vyfde agtereenvolgende Grand Slam-eindstryd gehaal het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….