Nuus 14:00
BULLETIN 5 September 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Meth vra maatskaplike vennote moet saam reageer om ekonomiese stabiliteit te beskerm
# Staalfederasie sê die 30-persent Amerikaanse invoertarief vergroot druk op dié sektor
# En, vyf spanne veg vir vier plekke in die kwarteindronde van die Curriebeker
# Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, sê maatskaplike vennote wat deur die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad bymekaar gekom het, moet saam reageer om ekonomiese stabiliteit te beskerm en werkers en gemeenskappe bewaar te midde van skokke. Meth het tydens die opening van die NEDLAC-beraad in Sandton, Johannesburg, gepraat. Die minister sê solidariteit gaan oor werkers wat verenig deur gesamentlike bedinging en wat meganismes vir geskilbeslegting vind:
Intussen sê die Suid-Afrikaanse Federasie vir Staal- en Ingenieursbedrywe die 30-persent Amerikaanse invoertarief vererger die druk op die sukkelende staalsektor. Die bemarkingsbestuurder, Nuraan Alli, het by die Rand Mutual Assurance Prevention Conference in Durban, KwaZulu-Natal, gesê produksie het verlede jaar met 1,4-persent gedaal en 2023 se wins omgeswaai. Sy waarsku die tarief beïnvloed alle uitvoerders in die waardeketting, met sekere maatskappye wat reeds personeel afdank en vervaardiging terugsny.
# China sê hy is gekant teen oproepe deur Amerika se president, Donald Trump, op Europese lande vir ekonomiese druk op China oor die oorlog in Oekraïne. China het nog nooit Rusland se oorlog veroordeel of gevra dat hy sy troepe aan Oekraïne onttrek nie, terwyl talle van Oekraïne se bondgenote glo China staan Rusland by. China hou vol hy is neutraal en dat hy die twee lande gereeld vra om die oorlog te staak, en Westerse lande ook striem omdat hulle die konflik uitrek deur wapens aan Oekraïne te verskaf.
# Rugby: Vyf spanne veg die naweek vir ‘n plek in die Curriebeker-kwarteindronde wanneer die laaste groepwedstryde plaasvind. Griekwas is bo-aan die punteleer, net vyf punte voor die vyfde-geplaasde Pumas, met Boland Kavaliers, die Leeus en Griekwas tussenin. Dit beteken ‘n bonuspunt-oorwinning vir die Pumas vanaand in Durban oor die Haaie, wat reeds uitgeskakel is, sal reuse-druk op die ander spanne plaas. Westelike Provinsie, wat laaste op die punteleer is, is môre gasheer vir sy buurman, Boland, in Kaapstad. Die Leeus verwelkom Griekwas in Johannesburg, en die sesde-geplaasde Bulle speel op Loftus teen die Cheetahs.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-67-sent teen die dollar, 20-rand-66-sent teen die euro en 23-rand-82-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 112-duisend-238-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-551-dollar-26-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-61-sent per vat.
# En laasters, die wêreld herdenk vandag Internasionale Dag van Liefdadigheid, en Inyathelo, die Suid-Afrikaanse Instituut vir Vooruitgang, doen ‘n beroep op burgers om NRO’s te ondersteun. Die dag is daarop gemik om bewusmaking te verhoog en mense, NRO’s en belanghebbendes wêreldwyd te mobiliseer om ander te help deur vrywilligers- en filantropiese bedrywighede. Feryal Domingo van Inyathelo sê burgers moet ook vrywilligerswerk doen en bepleit maatskaplike geregtigheid en billikheid:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….