Eko-minuut 13:30
BULLETIN 4 September 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Ruby Davies van die Nelson Mandela-universiteit is een van sewe meestersgraadstudente landwyd wat die Suid-Afrikaanse Vroue in Wetenskap-toekenning se DSTI–Dr Ivy Matsepe-Casaburri-beurs ontvang het. Die beurs vier uitsonderlike vroulike wetenskaplikes wat wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde in Suid-Afrika en buite sy grense bevorder. Davies se navorsing ondersoek hoe nektar-roof ‘n invloed het op bestuiwersgedrag, stuifmeelbeperking en voortplanting-sukses in die fynbos-bioom van die Kaapse blommestreek.
# Die Stad Kaapstad moedig inwoners aan om in September as deel van Boomplantmaand betrokke te raak by projekte soos ‘n program om ‘n boom aan te neem. Suid-Afrika se boom van die jaar, die melkhout, kom gedurende Boomplantmaand in die kollig. Die boom is bekend vir sy gehardheid, lang lewe en erfeniswaarde. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê bome is belangrik omdat hulle help om koolstof op te neem en bioverskeidenheid ondersteun:
# En die Verenigde Nasies werk nou saam met Pakistanse owerhede om vas te stel watter invloed die onlangse oorstromings op mense gehad het, behoeftes te bepaal en probleme met die hantering van die ramp op te los. Die oorstromings in die noorde het meer as 400 lewens geëis. Die VN sê die ramp, veroorsaak deur ‘n hewige monsoon-seisoen vererger deur klimaatverandering, het sowat 1,5-miljoen mense geraak en honderde-duisende benodig humanitêre hulp. Die owerhede in die Punjab-provinsie het gister ‘n nuwe vloedwaarskuwing uitgereik en sowat 300-duisend mense het ontruim
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….