Nuus 15:00
BULLETIN 3 September 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC salueer die Suid-Afrikaanse aktiviste in die wêreldwye konvooi na Gaza
# Die Referendum-party vra die skorsing van ‘n bestuurder van die Munisipaliteit Stellenbosch oor ‘n rassistiese video
# En rugby: Sean Fitzpatrick glo die All Blacks kan Saterdag die moeë Bokke klop
# Die ANC sê hy salueer die Suid-Afrikaanse aktiviste wat aangesluit het by die afvaardiging in die grootste burgerlike maritieme sending in solidariteit met die Palestynse volk. Die party het die sending beskryf as ‘n geweldlose standpunt teen Israel se blokkade van Gaza en ‘n kragtige verklaring vir geregtigheid en menseregte. Die ANC se woordvoerder, Mahlengi Bhengu, sê die sending weerspieël Suid-Afrika se eie bevrydingstryd. Bhengu het die regering versoek om sy volle steun te bied aan burgers wat aan hierdie internasionale solidariteitsending deelneem.
# Die vakbond Giwusa verwelkom vandag se brandstofprysverlagings. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê die daling in dieselpryse is veral betekenisvol, aangesien dit die druk effens kan verlig op die logistieke kettings wat die land van noodsaaklike goedere voorsien. Hy sê die vakbond hou egter vol die huidige brandstofprysmodel en die oliebedryf is inherent onbillik:
# Die Referendum-party vra die skorsing van die bestuurder van menslike hulpbronne van die Munisipaliteit Stellenbosch, Alexander Kannemeyer, na beskuldigings van rassediskriminasie in ‘n uitgelekte video. Janine van der Merwe van die party sê hoewel die munispaliteit ‘n ondersoek aangekondig het, is dit kommerwekkend dat burgemeester, Jeremy Fasser, probeer het om homself van verantwoordelikheid te distansieer. Sy sê Kannemeyer moet geskors word totdat die ondersoek afgehandel is, en moet afgedank word as hy skuldig bevind word:
# Die ANC Jeugliga verwerp die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging se voorstelle om die Nasionale Kredietwet te wysig, wat die roekelose voorstel insluit om studenteskuld by kredietburo’s aan te gee. Die liga se woordvoerder, Zama Khanyase, sê hierdie stap sal die finansiële nood en skuldlas vererger van jongmense in die werkersklas en swart gemeenskappe wat reeds die swaarste dra:
# Rugby: Die beroemde Nieu-Seelander Sean Fitzpatrick glo die All Blacks het ‘n goeie kans teen Suid-Afrika in die Rugbykampioenskap. Die twee lande speel Saterdag op Edenpark in die eerste van twee toetse. Die 62-jarige voormalige kaptein sê die All Blacks is desperaat vir ‘n oorwinning terwyl die Springbokke moeg lyk. Fitzpatrick, die laaste All Black-kaptein wat ‘n nederlaag op Edenpark moes verduur, glo Scott Robertson se span is in ‘n betreklike goeie posisie voor die wedstryd.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-63-sent teen die dollar, 20-rand-52-sent teen die euro en 23-rand-62-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 111-duisend-494-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-545-dollar-96-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 67-dollar-88-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….