Nuus 15:00
BULLETIN 1 Setwember 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Mosambiekse burger word gevonnis tot lewenslange tronkstraf vir die moord op ‘n sesjarige Johannesburgse meisie
# Minister Malatsi waarsku oor ‘n media-volhoubaarheidskrisis op die M20-beraad
# En tennis: Medvedev dank sy afrigter af na sy uitbarsting op die Amerikaanse Ope
# Die Hooggeregshof in Johannesburg het die 25-jarige Mosambiekse burger Phethe Simiao tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die ontvoering, verkragting en moord op die sesjarige Amantle Samane in Oktober 2024. Simiao het skuldig gepleit nadat die kind se liggaam in sy plakkershut in Orlando-Oos ontdek is. Regter William Karam het die misdaad as pervers beskryf:
# Die minister van Kommunikasie en Digitale tegnologieë, Solly Malatsi, waarsku dat nuusmedia sukkel om te oorleef en beskryf dit as ‘n bestaanskrisis. Malatsi het tydens die Media 20-beraad in Johannesburg die 2025 Wêreldpersvryheids-aanwyser aangehaal wat bevind het dat media in 160 van 180 lande finansiële druk ondervind. Hy het regerings en die privaat sektor aangespoor om saam te werk aan volhoubare modelle en gewaarsku dat nuuskantore wat toemaak, demokrasie, verantwoordbaarheid en inligting-integriteit bedreig:
# Suid-Afrika se vervaardigingsbedryf het in Augustus weer teruggesak, met die Absa-aankoopbestuurdersaanwyser wat tot 49,5 punte gedaal het. Nuwe verkoopsbestellings het skerp gedaal met 8,5 punte ná ‘n tydelike herstel in Julie en sake-bedrywighede het swak gebly teen 45,8 punte vir die tiende agtereenvolgende maand. Werksgeleenthede het effens verbeter, maar is steeds onder groeivlakke, wat voortdurende uitdagings in binnelandse en wêreldwye aanvraag weerspieël. Insetkoste het wel effens afgeneem, aangehelp deur ‘n sterker rand en bestendige oliepryse. Algehele vervaardiging is egter steeds onder druk.
# Tennis: Daniil Medvedev van Rusland het sy afrigter van die afgelope agt jaar afgedank. Die 29-jarige het onder Gilles Cervara tot bo-aan die ATP-wêreldranglys geklim en ses Grand Slam-eindstryde gehaal, waarvan hy die Amerikaanse Ope in 2021 gewen het. Hulle laaste wedstryd saam was in die huidige Amerikaanse Ope waar hy in die eerste ronde teen Benjamin Bonzi van Frankryk verloor het. Medvedev het sy raket stukkend geslaan en is swaar beboet. Hy het in vanjaar se vier Grand Slam-toernooie slegs een wedstryd gewen.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-57-sent teen die dollar, 20-rand-60-sent teen die euro en 23-rand-77-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 108-duisend-615-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-470-dollar-89-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 68-dollar-4-sent per vat.
# En ten slotte: Die rekenaarsekerheids-dienstemaatskappy Galix sê kuberbedreigings word al meer gesofistikeerd, voldoeningsvereistes word strenger, en organisasies is onder druk om veilig en vinnig te hernuwe. Simeon Tassev van Galix sê die proses begin met die identifisering van risiko’s wat op die onderneming van toepassing is. Hy sê risiko’s moet gekategoriseer, volgens volgorde van belangrikheid rangskik en in ‘n matriks geplaas word wat waarskynlikheid én uitwerking in ag neem:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….