Eko-minuut 13:30
BULLETIN 1 September 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Standard Bank-sentrum van Uitnemendheid vir Waterstof-energie aan die Vaal-universiteit van Tegnologie in Gauteng gaan navorsing, vernuwing en volhoubare praktyke in die gebruik van waterstof-energie in Suid-Afrika bevorder. Die universiteit is die enigste Afrika-vennoot in ‘n waterstof-konsortium van 13 Europese Unie-lede. Dit word Donderdag amptelik bekendgestel. Standard Bank sê sy verbintenis tot ‘n minimum-koolstofvrystelling teen 2050 voldoen aan die sentrum se doelwit. Hy sê dit is ‘n bewys van die krag van vennootskap in die bevordering van groen energie in Afrika.
# Pikitup het die Robinson-stortingsterrein in Johannesburg tydelik gesluit nadat ‘n brand uitgebreek het. Die woordvoerder van die afvalbestuursmaatskappy, Muzi Mkhwanazi, sê die stap is om die veiligheid van personeel, diensverskaffers en inwoners te verseker, terwyl nooddienste die brand sonder ontwrigting kan bestry. Hy het bevestig dat die oorsaak van die brand ondersoek word:
# En ten slotte: ‘n Reuse-reddingsoperasie is in Afganistan aan die gang nadat ‘n kragtige aardbewing en verskeie naskokke huise platgevee en meer as 800 lewens geëis het in ‘n afgeleë, bergagtige streek. Die aardbewing het net voor middernag plaasgevind en geboue vanaf Kaboel tot by die buurland, Pakistan, se hoofstad, Islamabad, geskud. Die meerderheid Afgane woon in lae, modderbaksteenhuise wat maklik intuimel.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….