Nuus 12:00
BULLETIN 1 Serptember 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA eis die dringende hersiening van die Weermag se sekerheidsmaatreëls
# Ses liggame is uit die Zonkizizwe-rivier in Ekurhuleni gehaal
# En Leon Schuster se rolprente is ná ‘n verbod van vyf-jaar terug op DStv en Showmax
# Die DA eis ‘n onmiddellike, dringende en volledige opknapping van alle instellings op alle basisse van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. Dit volg ná die onlangse diefstal van ammunisie op die Lugmagbasis Bloemspruit in die Vrystaat. Die party sê die minister van Verdediging, Angie Motshekga, en die SANW moet voor die Parlement verskyn en ʼn befondste herstelplan vir basiese sekerheid voorlê. Chris Hattingh van die DA sê volgehoue kabeldiefstal op militêre basisse het regstreekse sekerheids-gevolge:
# Die nooddienste van die Stad Ekurhuleni het gisteraand ses liggame in ‘n motor in die Zonkizizwe-rivier gevind. ‘n Woordvoerder, Tikkie MacDonald, sê hulle het ‘n noodoproep ontvang oor ‘n motorongeluk op die R550. Hy sê noodwerkers het die voertuig onderstebo onder die water gevind:
# Suid-Afrika moet sy vernuwing-ekostelsels, spesiale ekonomiese sones en bestuursraamwerke versterk. Dis die mening van Mashupye Maseremule van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie. Die land se spesiale ekonomiese sones dra 30,973-miljard-rand se beleggings by en skep meer as 27-duisend permanente werksgeleenthede. Maseremule sê ondanks hiervan is daar dikwels ʼn tekort aan omvattende prestasie-evaluering in hierdie sones. Die klem is eerstens op uitsette soos werkskepping terwyl koste, besettingsyfers en huurder-bydraes afgeskeep word. Maseremule sê die sones moet strategies gevestig word in gebiede met sterk infrastruktuur en marktoegang.
# Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, sê die groep is vasbeslote om vir 2026 se Wêreldbekertoernooi te kwalifiseer wanneer hulle Lesotho en Nigerië pak in volgende maand se eersteronde-kwalifiseerders. Hy sê daar is uitdagings soos spankeuses, beserings en klubgeskille, maar het vertroue uitgespreek in jonger spelers wat na vore tree. Broos waarsku hulle kan Lesotho nie onderskat terwyl hulle vir Nigerië voorberei nie:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-57-sent teen die dollar, 20-rand-60-sent teen die euro en 23-rand-77-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 109-duisend-496-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-477-dollar-14-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 67-dollar-62-sent per vat.
# En om mee af te sluit: MultiChoice wys weer talle van Leon Schuster se klassieke flieks op DStv en Showmax nadat dit vyf jaar lank verbied is weens rasse-kommer. Flieks soos Sweet-and-Short, There’s a Zulu on My Stoep en You Must Be Joking is terug as deel van ʼn spesiale versameling. MultiChoice was onder vele wat hulle inhoud hersien het na die opkoms van die Black Lives Matter-beweging in Amerika in 2020. Die betaal-kanaal sê hy sal voortgaan om inhoud te oorweeg en seker te maak dit voldoen aan regulasies.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….