Nuus 11:00
BULLETIN 14 Januarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# COSATU doen ‘n beroep op die ANC om werkers se regte te verbeter
# Die Black Sash beskou Sassa se herhaalde versuim om maatskaplike toelaes te betaal as onverskoonbaar
# En, Biden sê die VSA ondersteun nie Taiwan se onafhanklikheid nie
# Die president van die vakverbond Cosatu, Zingiswa Losi, sê die ANC skuld staatsamptenare nadat daar nie aan ooreenkomste voldoen is nie. Lose het die ANC se 112de bestaansviering in Mbombela, Mpumalanga, toegespreek en klem geplaas op kommer oor werkers in die openbare sektor wat ingedoen word met salarisse en die behoefte aan die vul van vakante poste, veral in gesondheidsorg en die polisie. Sy vra die instelling van die infrastruktuurprogram met behoorlike tydskale. Losi het ook ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om die twee-pot pensioenfondsstelsel van 1 Maart af in te stel:
Ramaphosa het tydens die viering ‘n beroep gedoen op ANC-partylede en -ondersteuners om te streef na ‘n doelgerigte en beslissende oorwinning in die komende verkiesing. Ramaphosa beywer hom vir ‘n tweede termyn as president. Hy het die party se verbintenis beklemtoon om ekonomiese heropbou te versnel, die ANC te vernuwe en misdaad en korrupsie te bekamp. Die ANC sal na wat berig word volgende maand sy verkiesingsmanifes bekendstel:
# Die menseregte-organisasie, Black Sash, het die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekuriteitsagentskap veroordeel omdat die Januarie-uitbetalings nie gedoen is nie. SASSA skryf die jongste mislukking toe aan vertragings met verifikasie, wat 150-duisend ontvangers van maatskaplike toelaes sonder hulle geld gelaat het. Die agentskap beloof dubbel betalings volgende maand om die saak te beredder. Die woordvoerder van die Black Sash, Thandi Henkerman, sê SASSA se optrede is onaanvaarbaar en beskuldig die agentskap van die verbreking van sy gondwetlike verpligting.
# President Joe Biden sê Amerika steun nie die onafhanklikheid van Taiwan nie. Reuters berig Biden is sy reaksie gevra na die verkiesing in Taiwan, nadat kiesers China ignoreer en die regerende party ‘n derde presidensiële termyn gegee het. Die VSA het in 1979 diplomatieke erkenning verskuif van Taipei na Beijing en gesê hy steun nie Taiwan se formele onafhanklikheidsverklaring nie. Hy behou egter nie-amptelike betrekkinge met die selfregerende eiland en bly sy belangrikste ondersteuner en wapenverskaffer.
# En, laastens, rugby: Die Leeus het gisteraand met een van hulle dapperste verdedigingspogings vorendag gekom, maar dit was nie genoeg om te keer dat hulle hul eerste wedstryd in die Uitdaagbeker verloor nie. Montpellier het die Leeus met 13-3 geklop. Die tuisspan het twee onverdoelde drieë gedruk en met ‘n strafskop geslaag, teenoor ‘n strafskop deur die besoekers. Vroeër het die Haaie in Durban ‘n 38-7 bonuspunt-oorwinning oor Oyonnax behaal. Ox Nche en Makazole Mapimpi het beide twee van die Haaie se vier drieë gedruk, terwyl Oyonnax een drie aangeteken het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….