Nuus 18:00
BULLETIN 27 Augustus 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika versterk sy bande met Amerika
# Julius Malema word skuldig bevind aan haatspraak
# En rugby: Die Bokke land in opgeruimde luim in Auckland
# Suid-Afrika gaan voort om bande met Amerika te versterk ondanks die tariefverhoging van 30-persent wat ingestel is. Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê gesprekke duur op die hoogste vlak voort en hoewel kommer steeds bestaan oor die tariewe, is die bilaterale verhouding veerkragtig. Hy bevestig Suid-Afrika is hierdie week die gasheer vir ‘n personeelafvaardiging van die Amerikaanse Kongres se komitee op Buitelandse Sake:
Lamola het ook Suid-Afrika se voortgesette militêre en tegniese steun aan die Verenigde Nasies se sending in die Demokratiese Republiek die Kongo bevestig, onanks voortdurende botsings tussen M23-rebelle en DRK-magte. Lamola het beklemtoon dat vrede deur Afrika gelei moet word en alle plaaslike belanghebbendes insluit. Hy het ook Suid-Afrika se rol in vredespogings in Suid-Soedan en Soedan herhaal en ‘n onvoorwaardelike staking van vyandelikhede bepleit om verergerende humanitêre krisisse uit die weg te ruim:
# Die DA verwelkom vandag se uitspraak van die Wes-Kaapse Gelykheidshof wat die EFF-leier, Julius Malema, aan haatspraak skuldig bevind het. Hulle het die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie geloof dat hy Malema verantwoordbaar gehou het vir die voorval by Hoërskool Brackenfell in Kaapstad in 2022 waar geweld uitgebreek en hy ondersteuners aangesê het om wraak te neem teen ‘n wit persoon. Partyleier John Steenhuisen sê Malema se herhaalde aanhitsing tot geweld en rasseverdeling bedreig Suid-Afrika se demokrasie. Steenhuisen vra alle politieke leiers om verantwoordelik op te tree en haatspraak te verwerp.
Die DA sê intussen hy kan bevestig die burgemeester van Tshwane, Nasiphi Moya, sal reël om sowat 270-duisend-rand terug te betaal wat tydens haar ampstermyn as stadsamptenaar oormatig betaal is. Die DA-lid, Jacqui Uys, sê hulle vra sedert Januarie duidelikheid maar die meeste amptenare het reeds oormatige betalings vereffen. Sy sê Moya het bevestig dat sy nog nie die geld aan die stad terugbetaal het nie:
# Rugby: Die Springbokke het in ‘n opgeruimde luim in Auckland, Nieu-Seeland, aangeland teen middernag plaaslike tyd en is opgewonde oor die uitdaging om hul aartsvyande, die All Blacks, die volgende paar weke in twee agtereenvolgende Rugbykampioenskapstoetse te pak. Die Bokke het die lang reis van Suid-Afrika na Auckland via Sydney, Australië, onderneem en sal môre in die gimnasium oefen en herstel voor hulle Vrydag hulle eerste oefening op die veld het. Die Bokke pak die All Blacks volgende Saterdag op Edenpark en ‘n week later in Wellington.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-76-sent teen die dollar, 20-rand-58-sent teen die euro en 23-rand-89-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 112-duisend-552-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-383-dollar-36-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 67-dollar-12-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….