Eko-minuut 13:30
BULLETIN X 27 Augustus 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Grassroots for Climate Action sê Suid-Afrika se nasionaal bepaalde bydraeraamwerk moet mensgesentreerd en inklusief wees. Die regering is besig om sy bydrae-teikens vir 2020 tot 2035 te bepaal wat ‘n belangrike stap is om sy klimaatsverpligtinge volgens die Paryse Verdrag na te kom. Grassroots for Climate Action se woordvoerder, Mpho Phalwan, sê die land se 2035-teikens moet betekenisvolle klimaatsoptrede weerspieël en ʼn balans vorm tussen aanvaardings- en bekampingspogings:
# Standard Bank het sy Volhoubaarheids-akademie bekendgestel. Dis ʼn gratis leerplatform wat praktiese maatskaplike, omgewings-, bestuurs- en volhoubaarheids-oplossings aan sake-ondernemings reg oor Afrika bied. Die akademie is ontwikkel in samewerking met Microsoft en Philanthrosoft. Manessah Alagbaoso van Standard Bank sê deelnemers kan deur die platform insig kry in die gebruik van hernubare energie, klimaat-slim landbou en vernuwing in waterbestuur:
# En ten slotte: Mere, wat sowat vier-persent van die aarde se landoppervlakte bedek, verdwyn teen ‘n ontstellende tempo weens besoedeling, verlies aan habitat, indringerspesies en klimaatverandering. Dis vandag Wêreld-meredag, wat bewustheid wil aanwakker oor die belangrikheid van mere en onderhoubare bestuur daarvan en verwante ekostelsels. Die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram waarsku dat mere se ekostelsels teen 2050 met 20-persent kan daal, besoedeling kan meer as verdubbel en metaanafskeidings kan die hoogte inskiet.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….