Nuus 11:00
BULLETIN 24 Augustus 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa beraadslaag met Europese leiers oor die Rusland-Oekraïne vredesproses
# ‘n Nuwe peiling toon ANC-steun daal onder 30-persent
# En die families wat geraak is deur die Boksburg-tenkwa-ontploffing, dagvaar vir 65-miljoen rand
# President Cyril Ramaphosa het pogings om die Rusland-Oekraïne-konflik te beëindig met verskeie Europese leiers bespreek. Hy het met die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky, die Franse president Emmanuel Macron en die Finse president Alexander Stubb gesels. Dit volg na inligtingsessies deur die Russiese president Vladimir Putin. Presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa het dringende bilaterale en trilaterale vergaderings met Rusland, Oekraïne en die VSA beklemtoon en alle partye aangespoor om momentum na vrede te handhaaf:
# ‘n Nuwe peiling deur die DA toon dat die ANC 11 persentasiepunte nasionaal verloor het sedert verlede jaar se algemene verkiesing, met die party se steun nou onder 30-persent. Die DA is net een persentasiepunt agter met 29-persent. Die DA het die ANC ook in verskeie metropolitaanse gebiede verbygesteek. In Johannesburg is die ANC op 23-persent in die peiling vergeleke met die DA se 40-persent, terwyl die ANC in Tshwane op 27-persent en die DA op ‘n stewige 48-persent is. In Ekurhuleni het die ANC 19-persent steun, met die DA op 41-persent.
In die verlede was die DA-peilings besonder akkuraat. Dit word daagliks telefonies onder een-duisend-820 demografies verteenwoordigende respondente gedoen wat almal geregistreerde kiesers is.
# Die Spesiale Ondersoekeenheid het meer as 100 amptenare in vier sindikate onthul wat betrek word by korrupsie in die Tembisa-hospitaal. Die deurbraak spruit uit ‘n driejaar lange ondersoek na inligting verskaf deur die vermoorde fluitjieblaser Babita Diokaran, wat in 2021 doodgeskiet is nadat sy onreëlmatighede blootgelê het. Haar familie sê hulle bly hartseer, maar trots dat sy opgestaan het vir wat reg is. Die uitvoerende hoof van die SOE, Andy Mothibi, sê die ondersoek duur voort:
# Die families van 67 slagoffers, insluitend oorlewendes en die families van die 41 oorledenes, het ‘n siviele regsgeding van 65-miljoen-rand aanhangig gemaak byna drie jaar na die LPG-tenkwa-ontploffing in Boksburg. Die aansoek in die Johannesburgse Hooggeregshof noem Infinite Fleet Transport, Innovative Staffing Solutions en die Stad Ekurhuleni as verweerders. Die eisers beweer nalatigheid in voertuigmonitering, opleiding in gevaarlike materiale en munisipale toesig en eis vergoeding vir beserings, verlies aan ondersteuning, eiendomskade en emosionele nood.
# Rugby: Australië het hul Vroue Rugbywêreldbeker-veldtog gister met ‘n rekord 73-0 oorwinning oor Samoa in Salford afgeskop. Die Wallaroos het 11 drieë gedruk, met vleuel Desire Miller wat ‘n driekuns in die eerste helfte behaal het. Australië het beide hul vorige hoogste puntetelling vir ‘n Wêreldbeker-wedstryd oortref: 62-12 teen Suid-Afrika in 2006, en die grootste wenmarge by die wêreldwye skouspel van 62-0, ook teen Suid-Afrika, in 2010. Dit was die tweede ongebalanseerde Groep A-wedstryd nadat die toernooi-gashere en kompetisie-gunstelinge Engeland, Vrydag die Verenigde State met met ‘n telling van 69-7 verneder het.
# En ten slotte: Die bekroonde aktrise en kulturele ikoon, Nandi Nyembe, is op 75-jarige ouderdom oorlede. Sy was rolstoelgebonde weens haar verswakkende gesondheid. Haar familie het haar heengaan bevestig. Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het haar as een van Suid-Afrika se gekoesterde ikone bestempel. Sy het van die mees ikoniese karakters laat lewe, insluitend haar rolle in Zone 14, Yizo Yizo en Soul City, en het ‘n merkwaardige 53-jaar lange nalatenskap in televisie, film en teater agtergelaat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….