Nuus 08:00
BULLETIN 24 Augustus 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Parlement se Onderwyskomitee is bekommerd oor die toepassing van die BELA-wet
# Die polisie stel 353 speurders weer aan om die agterstand in sake aan te pak
# En rugby: Die Springbokke keer terug na basiese beginsels om Australië te klop
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Onderwys is bekommerd oor vertragings met die toepassing van die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette. Voorsitter Joy Maimela sê slegs twee uit agt regulasies is afgekondig, wat verwarring skep en inklusiwiteitsdoelwitte ondermyn. Maimela het ook kritieke leemtes in Graad R-infrastruktuur, -befondsing en -onderwysersopleiding uitgelig. Sy het die Departement van Basiese Onderwys versoek om dringend regulasies te finaliseer en skoolveiligheidsmaatreëls te versterk om billike, gehalte-onderwys te verseker:
# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het 353 vakatures vir voormalige speurders op vastetermynkontrakte geadverteer en in hul vorige range heraangestel. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die heraanstelling sal die agterstand verlig en saakoplossing verbeter, aangesien speurders tans elk 300 dossiere moet ondersoek. Intussen het die polisie- en gevangenisse-vakbond, Popcru die skuif verwelkom asook ‘n herintegrasie-toelaag van een-duisend-rand. Popcru sê dit sal Suid-Afrika se ondersoekvermoë versterk.
# Die hoofsekretaris van die vakverbond SAFTU, Zwelinzima Vavi, het fluitjieblasers as die onbesonge helde van Suid-Afrika se stryd teen korrupsie uitgelig. Hy het gister tydens die vierde herdenking van Babita Deokaran se sluipmoord gepraat en die Spesiale Ondersoekeenheid versoek om die meesterbrein agter haar moord te ontbloot en te vervolg. Deokaran is in 2021 doodgeskiet nadat sy korrupsie in die Gautengse Gesondheidsdepartement blootgelê het. Vavi het beklemtoon dat die land steeds herstel kan word ten spyte van uitdagings:
# Die Wes-Kaapse Premier, Alan Winde, sê nuwe polisiëringsmetodes is nodig om misdaad te bestry, met die provinsie wat metropolisiëring versoek. Winde het aan Newzroom Afrika gesê provinsies moet die mag moet hê om ondersoeke te doen en intelligensie teen bendebedrywighede en wapengeweld in te samel. Dit volg nadat die Kaapstadse Raad ‘n mosie aangeneem het om die devolusie van polisiëringsmagte te bewerkstellig. Hy het beklemtoon dat datagedrewe, tegnologie-gebaseerde strategieë en plaaslike besluitneming beter misdaadbestrydingsresultate lewer:
# Die VN se hoof van hulp, Tom Fletcher, sê Vrydag se hongersnoodverslag volgens die Geïntegreerde Voedselsekuriteitsfase-skaal is “onweerlegbaar”. Hy het in ‘n verklaring op sosiale media gesê dit is ‘n hongersnood wat voorkom kon word as hulp toegelaat was. Kos hoop egter op by grense as gevolg van sistematiese obstruksie deur Israel, wat lei tot ‘n hongersnood binne ‘n paar honderd meter van beskikbare voedsel in ‘n vrugbare land. Fletcher het premier Netanyahu gesmeek om alle ingange oop te maak, en voedsel en ander voorrade onbelemmerd in te laat, op die massiewe skaal wat nodig is.
# En rugby: Die Springbokke het lewe geblaas in die verdediging van hul Rugbykampioenskap-titel deur Australië gister met 30-22 in hul tweede toets in Kaapstad te klop. Australië het die wêreldkampioene die vorige naweek met 38-22 getroef in hul openingswedstryd van die kampioenskapstryd in Johannesburg. Handre Pollard het uitgeblink as losskakel en 15 punte aangeteken, tesame met drieë deur vleuel Canan Moodie, agtsteman Kwagga Smith en slot Eben Etzebeth. Die Wallabies het die hele tyd teruggeveg met drieë deur vleuels Corey Toole en Max Jorgensen, en haker Brandon Paenga-Amosa.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….