Nuus 17:00
BULLETIN 22 Augustus 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# AfriForum daag Nersa voor die hof oor ‘n gebrekkige kragtariefproses
# Hongersnood word die eerste keer bevestig in Gaza-stad
# En krieket: Suid-Afrika beklink die eendagreeks teen Australië met ‘n klinkende oorwinning in Macay
# AfriForum het die Hooggeregshof in Pretoria genader om die energiereguleerder, Nersa, se goedkeuringsproses van munisipale tariewe ongeldig te laat verklaar. Die organisasie sê daar was nie genoeg tyd vir openbare kommentaar nie, en die meeste minusipaliteite het versuim om behoorlike koste-van-voorsieningstudies in te dien, ondanks Nersa se bewering. Woordvoerder Morné Mostert sê AfriForum vra die hof om te verseker dat inwoners behoorlik oor die tarieftoepassings ingelig word:
# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê aansoeke vir bykomende spoorvragroetes sal volgende week open. Dit volg nadat 11 nuwe spoorvrag-operateurs goedgekeur is om Transnet se spoornetwerk vanaf volgende jaar te gebruik. Volgens Creecy sal die proses meer maatskappye toelaat om vir roetes aansoek te doen in die 2025/26-rooster as deel van die regering se plan om privaat sektordeelname in die spoorstelsel uit te brei:
# Die Stad Kaapstad sê hy sal die “dial-a-ride”-diens herbelyn vanaf 8 September weens onvolhoubare koste, wat ongeveer 260 aktiewe gebruikers raak. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Beweeglikheid, Rob Quintas, sê die diens, wat oorspronklik vir mense in rolstoele en diegene met ernstige bewegingsprobleme was, is te duur om te bedryf. Hy sê dit kos die stad ongeveer 31-duisend-rand per maand per gebruiker en die diens verloor byna ‘n miljoen-rand elke maand:
Nuus uit die buiteland:
# ‘n Voedselsekerheids-liggaam gesteun deur die Verenigde Nasies sê hongersnood is die eerste keer bevestig in Gaza-stad en omstreke. Die Integrated Acute Food Security body, IPC, sê meer as ‘n half-miljoen mense ondervind hongersnood, armoede en dood wat na verwagting volgende maand na omliggende dorpe sal uitbrei. Israel se Ministerie van Buitelandse Sake het die verslag verwerp en sê daar is geen hongersnood in Gaza nie. Die hoof van die VN, António Guterres, het die krisis as ‘n mensgemaakte ramp beskryf en onbeperkte humanitêre toegang tot Gaza gevra.
# Krieket: Suid-Afrika het die reeks van drie eendagwedstryde teen Australië beklink met nog ‘n indrukwekkende oorwinning in die tweede kragmeting in Mackay. Aiden Markram het die loot gewen en besluit om te kolf, en Suid-Afrika is vir 277 uitgeboul na Matthew Breetzke se 88 en Tristan Stubbs se 74. Adam Zampa het drie paaltjies geneem. Australië het sy laaste paaltjie verloor op 193 nadat Lungu Ngidi vyf slagoffers geëis het, wat die Proteas ‘n oorwinning met 83 lopies besorg het. Die laaste wedstryd word Sondag gespeel, ook in Mackay.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-61-sent teen die dollar, 20-rand-45-sent teen die euro en 23-rand-64-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 112-duisend-199-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-327-dollar-92-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 67-dollar-13-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….