Nuus 15:00
BULLETIN 22 Augustus 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Transnet en Nersa teken ‘n ooreenkoms om hawe-energieregulasies te versterk
# Israel sal onderhandelings hervat om Gaza-oorlog te beeïndig en gyselaars te bevry
# En atletiek: Minister McKenzie waarsku sportfederasies oor die misbruik van fondse vir atlete
# Die Transnet Nasionale Hawe-owerheid en die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het ‘n ooreenkoms van verstandhouding onderteken om die regulatoriese belyning vir petroleum, vloeibare aardgas en elektrisiteit-infrastruktuur op hawens te verbeter. Die tien-jaar-ooreenkoms ondersteun die sekerheid van voorsiening, belegging in hawe-infrastuktuur en komende projekte. Dit sluit in die vloeibare aardgas-terminaal by Richardsbaai in KwaZulu-Natal en hernubare energie-projekte vir al Suid-Afrika se kommersiële hawens. Regeringstrukture en stuurkomitees sal toesig hou oor tegniese, regulatoriese en strategiese werkstrome.
# Die adjunkminister van Water en Sanitasie, David Mahlobo, vra dapper vernuwing, oorgrens-samewerking en volhoubare praktyke om die toenemende wêreldwye waterkrisis te hanteer. Hy waarsku Suid-Afrika se waterskaarste vereis dringende optrede en kan nie soos normaalweg hanteer word nie. Mahlobo beklemtoon die belangrikheid dat inheemse navorsing en praktyke in oplossings geïntegreer word, en sê inheemse kennisstelsels is ‘n soort wetenskap waarop moderne tegnologie kan bou:
# Die vakbondfederasie Saftu vra die regering om nie meer steenkool en minerale na Israel te stuur nie, en moedig werkers aan om Israelse goedere te boikot. Dit volg op Amerikaanse sanksies teen amptenare van die Internasionale Strafhof wat beweerde oorlogsmisdade ondersoek. Saftu veroordeel die aanval op die Strafhof se regters as ’n poging om magtige nasies te beskerm terwyl burgerlikes in Gaza steeds ly. Asive Dyani van Saftu sê sankies is ‘n aanval op internasionale geregtigheid:
Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê intussen hulle sal dadelik onderhandelings hervat vir die vrylating van gyselaars en vir die einde van die oorlog, maar op voorwaardes wat vir hulle aanvaarbaar is. Dis die eerste keer dat hy gereageer het op ‘n tydelike wapenstilstandvoorstel van Egipte en Kataar wat Hamas Maandag aanvaar het. ‘n Israelse amptenaar sê die land sal onderhandelaars stuur sodra ‘n vergaderplek vasgestel is. Reuters berig egter dat Netanyahu vasberade is om planne goed te keur vir die vernietiging van Hamas en die oorname van Gaza-stad.
# Atletiek: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het ‘n skerp waarskuwing uitgereik aan sportfederasies wat daarvan beskuldig word dat hulle fondse misbruik wat vir atlete bedoel is. McKenzie sê die departement sal nie korrupsie of finansiële wanbestuur toelaat wat atlete van geleenthede ontneem nie. Hy het beklemtoon dat bewilligde fondse atlete se ontwikkeling en prestasie regstreeks moet bevoordeel. McKenzie moedig federasies aan om verantwoordelik op te tree of die gevolge te dra. Hy beloof strenger toesig om sporttalent te beskerm:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-64-sent teen die dollar, 20-rand-46-sent teen die euro en 23-rand-66-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 112-duisend-287-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-328-dollar-90-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 67-dollar-38-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….