Nuus 17:00
BULLETIN 21 Augustus 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# BOSA stel ‘n plan vir voorspoed bekend om die ekonomie te laat herleef en misdaad en korrupsie te pak
# Krieket Suid-Afrika beklemtoon integriteit en veiligheid voor 2027 se Wêreldbekertoernooi
# En minister Steenhuisen gryp in om ‘n gidshond se lewe te red
# Build One South Africa het sy Voorspoedplan bekend gestel wat daarna mik om die ekonomie te laat herleef, misdaad en korrupsie teen te werk en openbare dienste te verbeter voor volgende jaar se plaaslike regeringsverkiesing. Dit fokus op werkskepping, beleggings en die versterking van onderwys en gesondheidsorg. Party-leier Mmusi Maimane het die media ingelig oor ‘n moontlike konsolidasie van die party voor die verkiesing, met besonderhede wat in die komende weke bekendgemaak sal word:
# AfriForum kritiseer die regering omdat hulle volgens ‘n verslag deur die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake, die rasse- en politieke motiverings rakende plaasaanvalle ontken. Die organisasie sê die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking se bewerings dat hierdie aanvalle deel is van algemene misdaad, ignoreer dekades se bewyse. Jacques Broodryk van AfriForum waarsku dat totdat plaasaanvalle as voorkeurmisdade behandel word, sal landelike gemeenskappe bedreig word:
# Iran het ‘n veroordeelde moordenaar in die openbaar op die toneel van sy misdaad opgehang. Die meeste teregstellings in Iran word in tronke uitgevoer. Openbare teregstellings word gewoonlik teruggehou vir oortredings wat besondere openbare verontwaardiging veroorsaak het. Die veroordeelde man is skuldig bevind aan die moord op ‘n paartjie en ‘n jong vrou wat hy laat verlede jaar in die stad Kordkuy met ‘n jaggeweer geskiet het. ‘n Man is Dinsdag ook in die suidelike provinsie Fars in die openbaar opgehang nadat hy skuldig bevind is aan die moord op ‘n vrou en haar drie kinders tydens ‘n rooftog.
Nou sportnuus:
# Die voorsitter van Krieket Suid-Afrika, Pearl Maphoshe, sê die aanbieding van 2027 se Wêreldbekertoernooi saam met Namibië en Zimbabwe dra die verantwoordelikheid om KSA en die Internasionale Krieketraad se bestuurstandaarde te handhaaf. Sy sê die plaaslike reëlingskomitee is gebou op integriteit, deursigtigheid en aanspreeklikheid. Maphoshe beklemtoon dat elke rand wat bestee word, tot voordeel van die sport en die nasie moet wees, en sê die regering en sekerheidsagentskappe werk saam om ‘n veilige, feestelike toernooi van wêreldgehalte aan te bied:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-68-sent teen die dollar, 20-rand-59-sent teen die euro en 23-rand-79-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 113-duisend-306-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-344-dollar-66-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-55-sent per vat.
# En laastens, die minister van Landbou, John Steenhuisen het ingegryp om te keer dat die Labrador-gidshond Achi wat van ‘n seiljag gered is, uitgesit word. Daar is aanvanklik gevrees dat Achi as gevolg van invoerregulasies dalk uitgesit sou moes word, maar na groot openbare verontwaardiging is die stap vermy toe die minister persoonlik ingegryp het. Achi en sy eienaars, ‘n Switserse man en sy volwasse Duitse dogter, is gered toe hulle seiljag meganiese probleme ontwikkel het in stormweer. Achi kan nou by sy eienaars bly.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….