Nuus 07:00
BULLETIN 21 Augustus 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF sê die lewenskoste van die werkersklas en die armes word onvolhoubaar
# OUTA sê die diepliggende korrupsie in SETA vereis dringende hervorming
# En die VN-hoof sê Afrika moet deel wees van besluite wat sy toekoms raak
# Die EFF sê Statistiek Suid-Afrika se Verbruikersprysindeks vir Julie 2025 toon dat lewenskoste steeds styg op maniere wat onvolhoubaar is vir die werkersklas en armes. Inflasie het in Julie tot ‘n tien-maande-hoogtepunt van 3,5-persent gestyg, teenoor drie persent in Junie. Die EFF sê wêreldwye ekonomiese veranderinge, insluitend stygende Amerikaanse tariewe, beïnvloed Suid-Afrika se invoermandjie. Hy voeg by dat dit die logika van soberheid en markgedrewe regering verwerp wat die armes aan hulle eie lot oorlaat weens inflasionêre druk.
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê om drie Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerhede onder administrasie te plaas is nie genoeg om jarelange korrupsie en wanbestuur aan te spreek nie. OUTA vra vir ‘n streng twee-maande sperdatum om geloofwaardige rade en etiese hoofde aan te stel by die konstruksie-, dienste-, en plaaslike regering-SETAs. Stefanie Fick van OUTA sê daar moet ‘n duidelike fokus wees om fondse aan te wend vir die opleiding van jong Suid-Afrikaners eerder as om die fondse te verkwis:
# Die Federasie vir die Staal- en Ingenieursbedrywe van Suider-Afrika het gewaarsku onsekerheid oor Suid-Afrika se openbare verkrygingsreëls rakende plaaslike inhoud, hou nywerhede terug, wat verbind word met die uitrol van ‘n netwerk. Die aangewese uitvoerende hoof, Tafadzwa Chibanguza, het tydens ‘n dialoog van die Nasionale Sake-inisiatief gesê vertragings met die afhandeling van verkrygingsregulasies het plaaslike inhoudtoekennings onafdwingbaar gemaak, wat veroorsaak dat staatsektore afhanklik is van invoere. Hy het ook gewaarsku die eerste versoek om voorstelle oor onafhanklike transmissieprojekte sal buitelandse beleggers bevoordeel, en plaaslike vervaardigingskapasiteit in gevaar stel.
# Die Gautengse Wetgewer se portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake is bekommerd oor die Merafong-munisipaliteit se verslegtende finansiële en regeringsposisie. Die munisipaliteit skuld Rand Water alleen 1,4-miljard-rand. Dit het vroeër vandeesmaand aan die lig gekom dat die munisipaliteit vier-miljoen-rand vermors het op ‘n konsep-organisasiestruktuur wat nie voldoen aan die Munisipale Personeelregulasies nie. Die voorsitter van die komitee, Mzi Khumalo, sê met die regte ingrypings en die volle verbintenis van alle regeringsfere, het die munisipaliteit die potensiaal om te herstel en openbare vertroue te herbou.
# Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het sy oproep herhaal dat Afrika ‘n groter sê moet hê in besluite wat sy toekoms raak. Hy het Woensdag die 9de Tokio Internasionale Konferensie oor Afrika-ontwikkeling in Yokohama, Japan, toegespreek. Die konferensie word gehou met die tema, “Die Skep van Innoverende Oplossings Saam met Afrika”. Guterres sê Afrika se pad na welvaart moet fokus op die toevoeging van waarde tot sy grondstowwe, die skep van ordentlike werkgeleenthede en die bou van veerkragtigheid, deur voordeel te trek uit die Afrika-vasteland vryhandelsgebied.
# Gholf: Die vyftienmalige major kampioen Tiger Woods is aangewys as voorsitter van die nuutgestigte Future Competition Committee. Die komitee van nege lede, ses spelers en drie sake-adviseurs, se taak is om die optimale mededingingsmodel te definieer wat die PGA-toer se waarde vir aanhangers, spelers en vennote verhoog. Die uitvoerende hoof van die PGA-toer, Brian Rolapp, sê drie beginsels sal die komitee in sy pogings lei: gelykheid, skaarste en eenvoud:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-68-sent teen die dollar, 20-rand-60-sent teen die euro en 23-rand-80-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 114-duisend-419-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-345-dollar-16-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 66-dollar-78-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….