Nuus 17:00
BULLETIN 20 Augusutus 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Minerale Raad oefen druk uit vir ‘n mynbouwetsontwerp wat beleggers lok
# Cosatu is teleurgesteld oor die sluiting van Mango Airlines
# En rugby: Die Bokke begin hulle Europese toer in November met ‘n wedstryd teen Japan op Wembley
# Die Minerale Raad van Suid-Afrika is gereed om die Wysigingswetsontwerp op die Ontwikkeling van Minerale Hulpbronne met die regering te bespreek om belegging, groei en werkskepping in mynbou aan te moedig. Die raad ondersteun verandering in die mynbousektor, die insluiting van verantwoordelike ambagsmynbou en om onwettige mynbou tot ‘n misdaad te verklaar, maar waarsku dele van die wetsontwerp kan belegging ontmoedig. Die raad se woordvoerder, Allan Seccombe, sê hulle vra ‘n voorspelbare en mededingende raamwerk om die bedryf te onderhou en groei aan te moedig.
# Cosatu is teleurgesteld oor die nuus dat Mango Airlines gaan sluit. Dit volg nadat die belegger wat gewag het vir wets- en regulering-struikelblokke om teruggetrek te word, aan die koopproses onttrek het. Mango is in Julie 2021 onder vrywillige sakeredding geplaas met sakereddingkundiges wat in Augustus daardie jaar aangestel is. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê dis veral hartseer dat die 501 werkers wat afgedank is, nooit hul werk sal terugkry nie:
# Die Forum for South Africa is bekommerd oor die onlangse onthullings dat ‘n afvaardiging van die Departement van Vervoer na Frankryk gereis het, terwyl 600-duisend Suid-Afrikaners wag vir hulle rybewyskaarte. Die leier van die forum, Tebogo Mashilompane, sê hierdie skandaal vind plaas terwyl Suid-Afrikaners swaarkry as gevolg van die agterstand met die druk van die kaarte:
# Rugby: Die Springbokke begin hulle November-toer in Europa met ‘n geskiedkundige wedstryd teen Japan op die ikoniese Wembley-stadion in Londen op 1 November. Dit sal die eerste rugbywedstryd op die beroemde sokkerveld wees sedert die kragmeting tussen die Bokke en die Barbarians in 2016, wat met 31-elk gelykop geeïndig het. Die Bokke het hulle laaste twee kragmetings met Japan, albei in 2019, gewen na die vernedering in Brighton in 2015 toe die Brave Blossoms Suid-Afrika 34-32 verslaan het in die openingswedstryd van die Wêreldbekertoernooi.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-70-sent teen die dollar, 20-rand-65-sent teen die euro en 23-rand-87-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 113-duisend-270-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-342-dollar-66-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-2-sent per vat.
# En laastens, Japanese tegnici by die beskadigde Fukushima-kernaanleg het afstandbeheerde robotte na een van die reaktorgeboue gestuur as deel van die voorbereidings om radioaktiewe brokstukke te verwyder. Die gevaarlike hoë kernuitstralings maak die verwydering van gesmelte brandstof en ander rommel die skrikwekkendste uitdaging in die dekade-lange aftakeling van die aanleg nadat dit deur ‘n enorme tsunami getref is. Ongeveer 880-ton radioaktiewe materiaal is steeds binne die aanleg – die toneel van een van die wêreld se ergste kernongelukke nadat dit in 2011 deur ‘n tsunami getref is na ‘n kragtige aardbewing.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….