Nuus 13:00
BULLETIN 20 Augustus 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Drie mense word aangekeer ná ‘n aanval op DA-LP’s in Kaapstad
# SECTION27 vra dringende optrede met die Life Esidimeni-saak
# En rugby: Jesse Kriel sê die Springbokke se leiers moes die voorbeeld stel op Ellispark
# Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, het bevestig drie mense is in hegtenis geneem ná ‘n poging tot ‘n rooftog wat op DA-LP’s in Philippi gemik was. Die voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee oor Polisie, Ian Cameron, het ‘n skoot afgevuur uit selfverdediging en ‘n verdagte gewond, wat nou onder polisiebewaking in die hospitaal is. Kringtelevisie-beeldmateriaal het tot twee verdere inhegtenisnemings gelei. Smith het in ‘n onderhoud met SABC News die samewerking tussen die stad se wetstoepassers en die polisie geprys:
# SECTION27 verwelkom die Nasionale Vervolgingsgesag se aanduiding dat hy na ‘n vervolgingsbesluit beweeg in die Life Esidimeni-tragedie, maar is bekommerd oor die vertragings. Families van die 144 slagoffers het hierdie week met die NVG vergader waar hulle moes hoor dat vervolgings moontlik tot net twee sterftes beperk sal word. SECTION27 sê dit is onregverdig en verraad teenoor die families van die slagoffers. SECTION27 moedig die NVG aan om vinnig op te tree en almal wat verantwoordelik is, aanspreeklik te hou.
# Suid-Afrika se rooivleisbedryf worstel steeds met ‘n bek-en-klouseer-uitbreking, wat vererger word deur ‘n tekort aan entstowwe. Die uitvoerende hoof van Rooivleisbedryfsdienste, Dewald Olivier, sê die huidige uitbreking is beperk tot sekere gebiede, en inperkingsones en bewegingsbeperkings is ingestel om verdere verspreiding te beperk. Hy sê hulle is bekommerd oor die landwye tekort aan entstowwe. Die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Frikkie Maré, sê nuwe gevalle word steeds aangemeld terwyl die regering en die bedryf werk om die uitbreking te beheer.
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê die oopvlek van ‘n groot oorgrens-renosterhoring-smokkelnetwerk is ‘n beslissende oorwinning. Ses vermeende lede van ‘n sindikaat gekoppel aan ‘n bedrieglike skema waarby 964 renosterhorings ter waarde van miljoene rand betrokke is, is aangekeer. Die horings was vir onwettige markte in Suidoos-Asië bestem. George sê die verdagtes het die departement bedrieg deur permitte onder vals voorwendsels te bekom om renosterhorings binnelands te koop en te verkoop, terwyl hulle dit na onwettige internasionale markte gekanaliseer het:
# Rugby: Die waarnemende Springbok-kaptein, Jesse Kriel, sê hulle leiers moes ‘n voorbeeld gestel het in verlede week se Rugbykampioenskaps-wedstryd teen die Wallabies op Ellispark, wat Suid-Afrika 38-22 verloor het. Hy voer die Bokke aan in Saterdag se herontmoeting in Kaapstad in die plek van Siya Kolisi, wat beseer is. Kriel is nie seker wat presies die probleem was nie, maar besef dit moet uitsorteer word. Afrigter Rassie Erasmus het tien veranderings aan die opdrafspan gemaak en ervare spelers soos Willie le Roux, Handré Pollard en Cheslin Kolbe teruggebring.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-70-sent teen die dollar, 20-rand-60-sent teen die euro en 23-rand-89-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 113-duisend-801-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-326-dollar-10-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-8-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….