Nuus 14:00
BULLETIN 18 Augustus 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Munisipale Afbakeningsraad en die OVK vergader om die pad vorentoe te bepaal vir 2026 se verkiesing
# Die Lungu-familie en die Zambiese regering bereik ‘n dooiepunt oor sy begrafnis
# En rugby: Die All Blacks vervang die Springbokke bo-aan die wêreldranglys
# Die Munisipale Afbakeningsraad gaan binnekort met die Verkiesingskommissie vergader oor die pad vorentoe vir volgende jaar se plaaslike regeringverkiesing. Dit volg op die raad se besluit na landswye beraadslaging, om nie munisipale grense te wysig nie. Die kommissie het die raad ses maande gegee om die proses af te handel, wat die bepaling van die aantal wyke insluit. Die uitvoerende hoof, Manye Moroka, het aan SABC News gesê die Wetsontwerp op die Onafhanklike Munisipale Afbakeningsowerheid kan gemeenskappe ‘n appèlmeganisme gee voordat daar na die howe gekeer word.
# Die vakbond Giwusa sê die vergadering van verteenwoordigers om die proses van die nasionale dialoog te bespreek was niks meer as ‘n gepraat nie. President Mametlwe Sebei sê die vakbond verwerp die valse hoop van die nasionale dialoog. Hy sê Giwusa sal nie om die bos gelei word om te glo dat dieselfde magte wat vir die lyding verantwoordelik is, skielik die redders of vennote kan word nie:
# Die Hooggeregshof in Pretoria het gehoor daar bestaan ‘n dooiepunt tussen die voormalige Zambiese president Edgar Lungu se familie en die Zambiese regering oor waar hy begrawe moet word. Die saak is Vrydag uitgestel vir onderhandelinge. Adjunk-regterpresident Aubrey Ledwaba het voorheen ten gunste van die staat beslis en ‘n staatsbegrafnis in Zambië goedgekeur. Die gesin hou egter vol Lungu se laaste wens was om president Hakainde Hichilema uit te sluit. Die 68-jarige is twee maande gelede in Suid-Afrika dood. ‘n Datum vir ‘n appèlaansoek moet nog aangekondig word.
# Die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, sê die ontydige dood van ‘n ses-jarige graad R-meisie van Letsatsing Primary Mine School in Carletonville, Gauteng, is hartseer. Sy is beseer toe sy Vrydag op ‘n skoolbus geklim het en is in die hospitaal oorlede. Die Gautengse Onderwysdepartement het die tragedie as ‘n fratsongeluk beskryf. Makaneta sê die dringendheid van veilige vervoer van leerders kan nie ignoreer word nie:
# Rugby: Nieu-Seeland is die eerste keer in vier jaar weer bo-aan die wêreldranglys nadat hy Suid-Afrika vervang het. Dit volg op die All Blacks se oorwinning van 41-24 oor Argentinië in die eerste ronde van die Rugbykampioenskap. Die Springbokke het na derde plek teruggesak na hulle vernederende nederlaag van 38-22 teen Australië nadat hulle vroeg 22-0 voorgeloop het. Ierland is tweede, Frankryk vierde en Engeland vyfde. Die All Black se afrigter, Scott Robertson, sê die ranglys wys hoe taai toetsrugby is:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-61-sent teen die dollar, 20-rand-58-sent teen die euro en 23-rand-85-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 115-duisend-046-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-348-dollar-42-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 65-dollar-77-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….