Eko-minuut 13:30
BULLETIN 18 Augustus 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Eskom het wel ‘n verbetering in sy bedryfsprestasie getoon, maar volgens Stanlib se hoofekonoom, Kevin Lings, belê Suid-Afrikaanse ondernemings steeds toenemend in alternatiewe energiebronne om afhanklikheid van die kragverskaffer te verminder en stygende elektrisiteitskoste te versag. ‘n Verslag deur Green Cape het beraam die privaat sektor sal teen 2030 ‘n verdere ses-duisend-megawatt sonkrag en drie-duisend-500-megawatt windkrag in die land byvoeg. Lings sê die herhaalde verhogings van bo-inflasie in elektrisiteitstariewe het veroorsaak dat ondernemings nou alternatiewe soek om koste te probeer bespaar.
# Die Namibiese Hawe-owerheid het op die nippertijie ‘n voorkwalifikasietender vir ‘n nuwe olie- en gasvoorsieningsbasis in Lüderitz gekanselleer, slegs dae nadat dit bekendgestel is. Namibië hoop om teen 2030 die eerste olie te lewer, as ‘n verkenningsbrandpunt ná ‘n reeks ontdekkings ter see deur Shell, TotalEnergies, Galp en Rhino Resources, met Lüderitz wat as die land se energiesentrum aangewys is. Die dorp se burgemeester, Phillipus Balhao, sê daar was hoë verwagtinge vir die ontwikkeling van die hawe:
# ‘n Verslag beklemtoon Afrika moet meer van sy eie klimaatberade hou om ‘n billike ooreenkoms oor die uitfasering van fossielbrandstowwe en die befondsing van hernubare energie te verseker. Down To Earth glo Afrika benodig ongeveer 33-duisend-miljard-rand vir die oorgang teen 2030, maar die meeste klimaatfondse behels lenings wat skuld verhoog. Afrika het byna 600-miljoen mense sonder elektrisiteit en dra minder as vyf-persent van uitstralings by. Down To Earth vra daar moet op die komende Afrika-klimaatberaad in Ethiopië druk uitgeoefen word vir geregtigheid, befondsing en inheemse klimaatoplossings.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….