Nuus 09:00
BULLETIN 17 Augustus 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die nasionale dialoog is ‘n grondliggende stap en bied nie al die antwoorde nie
# Die KwaZulu-Natalse premier sê Ithala Bank se werksaamhede moet beskerm word
# En Gemengde Gevegskuns: Die Rus Khamzat Chimaev onttroon die UFC-middelgewigkampioen Dricus Du Plessis
# Die mede-adjunkvoorsitter van die nasionale dialoogkonvensie, Lindiwe Mazibuko, sê die intreerede van die konvensie was nooit bedoel om al die antwoorde te verskaf nie. Mazibuko het die slottoespraak by die nasionale dialoog in Pretoria gelewer. Sy sê dit is ‘n grondliggende stap om die agenda vir die lang reis wat voorlê te stel. Sy sê dit is ‘n kragtige voorbeeld van inklusiwiteit en die begin van ‘n proses wat in werklikheid aan burgers in elke gemeenskap behoort:
# President Cyril Ramaphosa sal vandag die 45ste Spitsberaad van Staats- en Regeringshoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in Madagaskar bywoon. Die tema van die beraad is; Bevordering van Industrialisering, Landbou-transformasie en Energie-oorgang vir ‘n Veerkragtige SAOG. Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die beraad fokus op die versnelling van streeksintegrasie, die versterking van industriële vermoë en streekswaardekettings, die modernisering van landbou en die bevordering van ‘n inklusiewe energie-oorgang:
# KwaZulu-Natal se premier, Thamsanqa Ntuli, sê sy regering bly daartoe verbind om te verseker dat Ithala Bank steeds kliënte dien, veral in landelike en onderbediende gemeenskappe. Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg het beslis dat die magte van die terugbetalingsadministrateur, Johan Kruger, slegs beperk is tot die bewaring en terugbetaling van deposito’s en nie inmenging met Ithala se ander bedrywighede nie. Ntuli sê Ithala Bank moet beskerm word:
# Die Verenigde Nasies het sy waarskuwing herhaal dat sonder ‘n dringende en onbeperkte hulp, Gaza se reeds ernstige humanitêre krisis verder kan vererger. Van die 12 hulpsendings wat hierdie week deur koördinering met die Israelse regering moes funksioneer, is slegs vyf gediens. Vier is gekanselleer en drie is belemmer. Dit het die verspreiding van voedselhulp deur die Zikim- en Kerem-oorgange ingesluit. Die VN se woordvoerder Stéphane Dujarric sê sy humanitêre vennote moet in staat gestel word om hulp soos benodig, te kan lewer:
# En sportnuus:
# Tennis: Jannik Sinner en Carlos Alcaraz sal vandag in die Cincinnati Ope-eindronde sake uitspook nadat die wêreld se twee voorste spelers gister hul onderskeie halfeindrondes gewen het. Die wêreld nommer-een van Italië, Sinner, en die tweede-gekeurde Alcaraz van Spanje sal mekaar in ‘n herhaling van die Franse Ope- en Wimbledon-eindronde vroeër vanjaar ontmoet. Sinner het die Fransman Terence Altman maklik in twee stelle geklop, en Alcaraz het Alexander Zverev ook in skoon stelle uitgestof en die Duitser met 6-4, 6-3 gewen.
# En Gemengde Gevegskuns: Die Rus, Khamzat Chimaev het die UFC-middelgewigkampioen Dricus Du Plessis onttroon deur ‘n eenparige beslissing dat hy die geveg oorheers het by die United Center in Chicago. Die 31-jarige Chimaev het die geveg met meer as 10 valle beheer en die grootste deel van die geveg bo-op Du Plessis deurgebring terwyl hy knieë en houe toegedien het. Du Plessis sê hy kon die oorwinning proe, maar wens Chimaev geluk want hy het hom regverdig en oortuigend geklop. Du Plessis sê Chimaev was die beter man.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….