Nuus 09:00
BULLETIN 16 Augustus 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die GOOD-paty is tevrede met die eerste dag van die nasionale konvensie
# ActionSA verwelkom die Menseregte-ondersoek na minister McKenzie
# En dit is vandag 13 jaar sedert die Marikana-slagting
# Die GOOD-party sê die eerste dag van die nasionale konvensie in Pretoria was produktief. Die konvensie dien as ‘n voorloper tot die nasionale dialoë, wat oor die volgende nege maande landwyd sal plaasvind. GOOD se Nasionale Jeugvoorsitter, Kaden Arguile, sê hul deelname aan die konvensie is om te verseker dat die gesprekke wat gehou word, wel lei tot beslissende optrede om ongelykheid, werkloosheid en die uitsluiting van jongmense uit die ekonomie aan te pak:
# ActionSA verwelkom die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se ondersoek teen die minister van Sport-, Kuns- en Kultuur, Gayton McKenzie. Dit volg op sy vorige plasings op sosiale media, wat as rassisties en xenofobies beskou is. Alan Beesley van ActionSA sê McKenzie se opmerkings vorm prima facie-oortredings van die bepalings van die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie. Hy sê rassisme moet gevolge dra, ongeag wie die oortreder is:
# Die VF Plus in Gauteng sê hulle is oorgehaal om bestendigheid in koalisies te bring as ‘n groter en sterker regeringsvennoot ná die plaaslike regeringsverkiesing in 2026. Gauteng word regeer deur ‘n regering van provinsiale eenheid, wat die ANC, IVP en RISE Mzansi insluit. Jaco Mulder van die VF Plus sê volhoubare en betekenisvolle vordering in koalisieregerings hang nie af van die grootte van partye nie, maar van die krag en vertrouensverhouding tussen regeringsvennote:
# Die familie van die oorlede voormalige Zambiese president, Edgar Lungu, het hulle tot die Konstitusionele Hof gewend in ‘n dringende poging om teen die uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria te appelleer. Die hof het bevind dat die Zambiese regering geregtig is om Lungu se oorskot te repatrieer vir ‘n staatsbegrafnis. Lungu se weduwee, Esther, voer in ‘n beëdigde verklaring aan dat niemand gedwing moet word om hul geliefde te begrawe volgens ‘n staatsbevel nie. Sy sê in belang van geregtigheid word ‘n dringende regstreekse appèl vereis.
# Sokker: Bafana Bafana het ‘n geleentheid misgeloop om na tweede plek in Groep C te vorder na ‘n doellose gelykopuitslag teen Niger in die Afrika-nasieskampioenskap in Kampala. Suid-Afrika het die balbesit beheer, maar kon nie die deurbreek vir ‘n doel nie. Intussen het Algerië Guinee van agter af tot ‘n 1-1 gelykopuitslag beperk. Algerië en Suid-Afrika is nou gelykop met vyf punte, ‘n punt agter die voorloper, Uganda. Bafana Bafana-afrigter Molefi Ntseki, sê sy spelers het alles gegee:
# En ten slotte: Vandag is dit 13 jaar sedert die polisie in Marikana, Noordwes, 34 mynwerkers doodgeskiet het. Nog 10 mense, insluitend sekerheidswagte en polisiebeamptes, is voor die slagting dood in die ses weke lange onbeplande staking by die Lonmin-myn. Benewens die sterftes is ten minste nog 78 van die mynwerkers ernstig beseer en ongeveer 250 in hegtenis geneem. Volgens die verslag van die Farlam-kommissie het die polisie meer as 500 rondtes skerp ammunisie op die berugte Marikana-koppie afgevuur. Tot dusver het die Nasionale Vervolgingsgesag slegs nege polisiebeamptes vervolg.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….