Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 12 Januarie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Kritiek dat Suid-Afrika die gebeure van 7 Oktober ignoreer toe Hamas Israel aangeval het
# Israel verwerp ‘n oproep om Gaza-optrede te beëindig, as onredelik
# En, krieket: Suid-Afrika se Onder-19-kaptein David Teeger van sy posisie onthef tydens die Wêreldbeker
# Israel het sy optrede in Gaza verdedig tydens ‘n heftige betoog op die tweede dag van die sitting van die Internasionale Geregshof in Den Haag, Nederland, en beweer dit was selfverdediging na Hamas se 7 Oktober-aanslag waarin meer as ‘n duisend mense dood is. Israelse aanvalle het daarna gelei tot die dood van 23-duisend Palestyne en 50-duisend beserings. Israel beskuldig Suid-Afrika dat hy die term volksmoord bewapen en sê sy verdediging het breër gevolge. Die Israelse ministerie van Verdediging se regskenner, Tal Becker, sê as enigiemand onder volksmoord-geweld gely het, is dit Israel:
Israel hou intussen vol oproepe vir voorlopige maatreëls om die gevegte in Gaza te beëindig, moet verwerp word, en dring aan op sy reg tot selfverdediging. Israel het voor die Internasionale Geregshof eerder betoog vir voorwaardelike maatreëls teen Suid-Afrika weens beweerde noue bande met Hamas. Die saak is ingedien ingevolge die Volksmoord-konvensie van 1948. Israel se regsverteenwoordiger, Tal Becker, vra Suid-Afrika om sy verhouding met Hamas te gebruik om volksmoord-terreur te laat eindig en die vrylating van gyselaars te verseker:
# Die Durbanse hawe se Houerterminaal-2 het die afgelope paar weke ‘n gemiddeld van enkel-syfer vaartuie gehad wat voor anker lê. Die uitvoerende hoof, Earle Peters, skryf dit toe aan samewerkingspogings met skeepsrederye, vrag-eienaars en werknemersverbintenisse wat ononderbroke bedrywighede verseker. Peters het ook bevestig vervaardigers van oorspronklike toerusting bied deurlopend tegniese ondersteuning, wat belangrike onderdele bied vir herstelwerk aan toerusting. Ondanks weer-ontwrigtins, verseker Peters gebeurlikheidsplanne is ingestel om die druk te verlig op kliënte wat van die terminaal se dienste afhanklik is.
# Krieket: Krieket Suid-Afrika het die Suid-Afrikaanse Onder-19-kaptein, David Teeger, van sy posisie onthef, en sê dit is in die beste belang van almal, insluitend die Joodse speler self. Volgens KSA is die besluit geneem om moontlike politieke konfrontasies te vermy tussen pro-Palestynse en pro-Israeliese versetoptrede tydens die komende Onder-19 Wêreldbekertoernooi vir Mans in Suid-Afrika. Krieket SA sal na verwagting binnekort ‘n nuwe kaptein vir die toernooi aankondig. Die 15de weergawe begin volgende Vrydag met 16 spanne wat altesaam 48 wedstryde sal speel.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-63-sent teen die dollar, 20-rand-42-sent teen die euro en 23-rand-76-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 46-duisend-55-dollar-15-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-39-dollar-26-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 80-dollar-44-sent per vat.
# Ten slotte: Nuwe navorsing deur die Internasionale Regsafdeling aan die Universiteit van Reading onthul dat die Israelse Weermag se optrede in Gaza chemikalieë van wit fosforwapens laat agterbly het wat ʼn langtermyn omgewingsbedreiging inhou. Volgens ʼn woordvoerder van die universiteit, Saeed Bagheri, kan hierdie chemikalieë vir jare in die grond agterbly en ʼn nadelige uitwerking op gewasproduksie hê. Bagheri waarsku oor verwoestende gevolge vir boere en hulle gemeenskappe, en benadruk die dringende behoefte aan aandag en remediërende maatreëls om die besoedeling teen te werk en die moontlike langtermyn gevolge te versag.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….