Nuus 18:00
BULLETIN 14 Augustus 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Vliegtuig val in die see gedurende die Durbanse lugskou
# ActionSA dring aan op ‘n dringende verhoor oor die Weermag-hoof se diplomatieke fiasko in Iran
# En rugby: O’Connor speel sy eerste toets in drie jaar vir die Wallabies
# Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid het bevestig dat ‘n vliegtuig vandag naby die Suncoast Casino neergestort het tydens ‘n lugvertoning op Durban se Noordstrand. Die ZS-AEC Extra 300-vliegtuig het aan die einde van sy vertoning in die see geval. Nooddienste en wetstoepassing het dadelik reageer. Die owerheid sê ondersoeke duur voort om die oorsaak van die tragiese ongeluk te bepaal. Hierdie voorval volg nadat ‘n vlieënier in Maart dood is toe sy vliegtuig teen die grond vasgevlieg het tydens die Weskus-lugvertoning in Saldanhabaai.
# ActionSA sê die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, Rudzani Maphwanya, se diplomatieke flater in Iran wys op diepe verdeling in die regering van nasionale eenheid se buitelandse beleid. Matthew George van ActionSA vra ‘n dringende parlementêre verhoor om vas te stel of Maphwanya op sy eie opgetree of opdragte ontvang het om Iran oor Gaza te ondersteun en te probeer om nouer bande te smee:
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê ‘n nuwe Suid-Afrikaanse afvaardiging gaan na die Withuis gestuur word om vir beter handelsooreenkomste te onderhandel te midde van Amerikaanse tariewe wat ‘n 100-duisend werksgeleenthede in die motornywerheid bedreig – veral in die Oos-Kaap. Hy het op die Nasionale Vereniging van Onderdele- en Verwante Vervaardigers se uitstalling in Gqeberha gewaarsku dat 25-persent tariewe op voertuie en onderdele die sektor kan vernietig, met groot motorvervaardigers soos Mercedes-Benz, Volkswagen en Isuzu wat in gevaar is:
# Rugby: Australië het die veteraan-losskakel James O’Connor herroep vir Saterdag se Rugbykampioenskaps-openingswedstryd teen die verdedigende kampioen, Suid-Afrika, op Ellispark. Die 35-jarige het drie jaar laas vir die Wallabies gespeel. Nog ‘n veteraan, Nic White, is die skrumskakel. Afrigter Joe Schmidt het die losvoorspeler Nick Champion de Crespigny op die bank ingesluit, wat bestaan uit ses voorspelers en twee agterspelers. Daar word bespiegel dat die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, nou ook sy bank kan aanpas deur RG Snyman in te sluit.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-62-sent teen die dollar, 20-rand-55-sent teen die euro en 23-rand-87-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 118-duisend-322-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-345-dollar-23-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-99-sent per vat.
# En ons sluit af met hartseer nuus: Die voormalige Springbok-speler en afrigter van Westelike Provinsie, Dawie Snyman, is in die ouderdom van 76 jaar dood. News24 berig Snyman, wat tussen 1972 en ’77 tien toetse vir Suid-Afrika gespeel het, is verlede maand met leukemie gediagnoseer. Hy word onthou vir die reeksoorwinning oor die All Blacks in 1976 en vyf agtereenvolgende Curriebeker-titels vir WP vanaf 1982 tot ’86. Rugby loop diep in Snyman se familie, met sy broer Jackie wat ook ‘n oud-Springbok is en sy broerskind Dawie wat tans die Stormers se hulpafrigter is.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….